Suksesvolle sakeman sonder skoolopleiding

Buiten boer, ook lodge- en kroegeienaar
Harde werk en sterk geloof is - Petrus Ithete Ndume se geheim
Tanja Bause
“Toe ek 26 jaar gelede met by stoffering besigheid begin het ek nie ‘n voertuig gehad nie. Ek het van my besigheid by die Eros lughawe na Nakara in die industriële gebied toe geloop om leer te koop. Ek het net gekyk vir die naam en geloop. Al my geld het by die leer gegaan. Ek het die leer opgerol, op my skouer gesit en begin terug na my besigheid te stap,” het Petrus Ithete Ndume (66) van I Ndume Uphostery gesê.

“Ek het gestap tot by die tronk en daar was baie mooi bome. Die tsotsis was nie baie daai jare nie en ek het die leer neergesit en bietjie gaan slaap. Nadat ek gerus het, het ek die leer op die skouer gesit en tot by die lughawe geloop.”

Petrus is in die klein nedersetting van Okalongo sowat 30 kilometreer buite Oshakati gebore.

“In Oshiwambo het ons twee name. Die een is die naam van die kerk en dit is Petrus. Die ander naam is die naam wat jou pa vir jou gee, die tradisionele naam en dit is Ithete. Dit is die I van my besigheid naam en die Ndume is my pa se naam.”

Die dag wat hy gebore is, is sy pa oorlede en het sy ma hom alleen grootgemaak. Petrus is in 1958 gebore en hy net nooit skool toegegaan nie.

Hy het toe hy ‘n jong man was Tsumeb toe gegaan en by die TCL myn begin werk.

“Daar was ‘n man gewees wat vir ons na werk geleer het om Engels en Afrikaans te praat. Ek het ook daar myself leer lees en skryf. Ek het dit geleer deur te vra hoe skryf jy dit hoe lees jy die woord en so het ek geleer. Ek het nie gedrink of rook nie ek het net gefokus sodat ek my ma kon help. Ek het gewerk en my ma onderhou. Ek het nog altyd vir haar gesorg totdat sy in 2020 by my op die plaas in Grootfontein oorlede is. My ma is die een wat altyd vir my gesê het jy moet werk en jy moet hard werk. So ek werk en ek werk hard.”

STOFFERING

Nadat hy by TCL gewerk het, het Petrus in 1988 Windhoek toe gerek en by Chris Schutte van Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCA) begin leer hoe om stoffering te doen.

“Ek het alles by hom geleer. Hoe om die sitplekke van die vliegtuie oor te doen, die kant panele, die dakreling alles wat in ‘n vliegtuig oorgetrek kan word het ek geleer.”

In 2001 het Petrus gedink dat hy self voertrôe kan gaan en I Ndume Upholstery begin.

“Ek het die plek by die lughawe gesien en gevra of ek dit kan gebruik en begin. Ek het nie naaldwerkmasjiene gehad nie en vir Rudi Kinscher gevra of ek N$5 000 by hom kan leen. HY het vir my N$5 500 geleen. Die N$5 000 vir die masjien en die M$500 vir sy rente. Ek het die masjien gekoop en aan die einde van die maand vir hom N$1 500 terug betaal. Ek noem hom my pa omdat hy vir my gehelp het om die besigheid op die been te bring.”

Petrus het toe nog een masjien gekoop en die maand daarop nog een en vandag besit hy 12 naaldwerkmasjiene.

Rudi het hom ook na Johnnie Hamman van die Safari Hotel geneem.

“Hy het gesê Johnnie dit is my Wambo gee hom asseblief werk en so het dit gekom dat ek al die stoffering vir die hotel gedoen het. So het die werk begin inkom ek het vir baie lodges en ook vir NWR gewerk. Rudi het vir my sy vliegtuig gebring om oor te doen en ook dies van sy vriende.”

Rudi het ook vir hom geleer hoe om kwotasies te maak.

“Ek het hom gevra en hy het gesê: Luister ek sal jou net een keer wys. Vry my weer en ek stuur jou huis toe. Ek het vinnig geleer en nou leer ek my werkers.”

WERKERS

Daar is tans elf mense wat vir I Ndume Upholstery werk almal is opgelei deur Petrus. Een van die manne in sy diens is Reinhold Nangolo.

“Hy was ‘n veiligheidswag wat hier by die ingang van die lughawe gestaan het. Ek het hom gesien en gesien dat die mannetjie jonk is en dat sy kop sal vang wat ek sê. Ek het op ‘n dag vir hom gesê los die werk en kom. Vandag is hy een van my beste werkers en hy is ook die een wat kwotasies en fakture skryf.”

KROEG

Een dag het een van Petrus se grootmaak kinders hom gebel en van ‘n groot gebou in Grootfontein wat te huur was vertel.

“Ek het nie ‘n voertuig gehad nie en Grootfontein toe gehike. Dit was in 2005 en ek kon die gebou vir N$8 000 huur. Dit was ‘n baie groot gebou met ‘n kroeg en kamers in die middel van die dorp. Na agt jaar wou die eienaar verkoop en ek het eerste opsie gehad. Die bank het vir my ‘n lening gegee en ek het die New Age Bar gekoop. Ek het kamers aangebou en vandag spog ons met 24 kamers.”

PLAAS

Nie lank daarna het Petrus in ‘n voormalige TCL kollega vasgeloop.

“Die man het ‘n 220 hektaar stuk grond buite Grootfontein gehad wat hy wou verkoop. Ek en my vrou Romana het baie hard gewerk en elke maand N$5 000 afbetaal.”

Hulle het ook die Okantu lodge gebou wat deur die Covid-19 pandemie gekniehalter is.

“Maar met harde werk sal hy weer opkom. Harde werk en die Here se help sal hom weer aan die gang kry.”

VOERTIUE

‘n Tydjie nadat hy sy besigheid in 2001 begin het, het by ‘n ou Nissan 1400 vir N$10 000 gekoop en herstel.

“Ek het toe later die deposito by die bank gaan neersit vir my eerste nuwe voertuig ‘n Opel Corsa. Toe het ek ‘n GWM gekoop, maar vinnig agtergekom dit is nie ‘n mooi kar nie en hom verkoop. In 2005 het ek my eerste twee Ford bakkies gekoop en afbetaal en in 2016 my derde een. Dit wys hoe die besigheid vorentoe gegaan het. Ek ry nog steeds al drie die voertuie.”

‘n Trein het hom aan die bestuurskant getref.

“Ek het by die kruising aangekom in die een Ford en mens kon nie daar sien nie omdat die bome en bosse net te veel was. Ek het gery en die trein het my getref. Hy het doe bakkie geswaai en aan die agter kan ook getref. Niemand kan glo dat ek lewendig en in een stuk uit die bakkie uitgeklim het nie. Maar die Here het besluit dit is nie my tyd nie en sy hand oor my gehou. Dit is net my sy genade dat ek die ongeluk oorleef het en vandag nog hier is. Ek het die bakkie laat herstel en ry hom nog vandag.”

RAAD

“Die Here het vir ons almal ‘n kop, oë en hande gegee. Ons moet daai goed bymekaar bring en werk dan sal ons sien waar ons eindig. Ons bly in ‘n baie mooi land, maar daar is min mense wat vir hulleself wil werk. Ons almal soek net werk by die regering, maar ons regering is baie klien en kan net so veel mense werk gee. Die ander probleem is dat jongmense veral die manne vandag net wil drink. Die pastore moet baie harder werk en bid vir die land dat dit ophou.”

“Ander jonge mense maak skool klaar en gaan studeer iets verwag hulle as hulle by ‘n werk instap dat hulle met tienduisende uitstap. Niemand wil meer onder begin en hulleself opwerk nie. Ek is 66 jaar oud en sit nog steeds nie stil nie en my besigheid groei nog steeds. Ek het nou begin om skoene te maak en sal binnekort ook baadjies maak. Ek kan nie ophou nie want wat is ‘n nalatenskap as ek die dat my kop gaan neer sit? Wat los ek agter? Ek is in ‘n klein nedersetting gebore en ek moet so veel mense moontlik help optel.”

Elke Desember gaan Petrus nou ook al vir jare terug Noorde toe huis toe en geen vir die ou mense mieliepap en kos .

“Ek werk hard en ek gee terug soos wat my ma van my verwag.”

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%