No Image Caption

Söhnge-onnies hou reünie

Namibië was onlangs gasheer vir die derde reünie van die Söhnge-onderwyskollege wat Maandag by die Safari Hotel in die hoofstad afgeskop het. Volgens me. Poppie Williams, wat die geleentheid gereël het, het dié groep onderwysers van oraloor die destydse Suidwes-Afrika en Suid-Afrika destyds saam aan dié instelling in Worcester in die buurland gestudeer. “Ons het ná standerd 8 vir twee jaar by Söhnge gaan studeer om ons as laerskoolonderwysers te bekwaam. Bykans 50 jaar later het juffrou Kittie Fass in 2018 die reüniegroep op die been gebring en dit het intussen reeds aansienlik gegroei.” Dié groepfoto is Maandag by die opening van die byeenkoms geneem. Foto Boet Matthews

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer