Shaali se nuwe begin

Covid-19 stop oorplanting drie keer
Mediese personeel is verstom oor hoe vinnig die jong Namibiër herstel het.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Haar seun se reis totdat hy uiteindelik ’n skenkersnier ná vele terugslae sou ontvang, het haar die lewe so veel meer laat waardeer en nader aan God laat groei, sê Pauline Mugare.

“Ons moes sterk wees omdat daar dae was wat hy baie, baie siek was. Ek kon nooit gewoond raak aan al die operasies wat hy moes ondergaan nie.”

Vandag is die 15-jarige Shaali Ipinge egter vol energie en reg om uiteindelik weer terug skool toe te gaan, nadat hy op 27 Oktober sy skenkersnier by die Wits Universiteit Donald Gordon Medi-City in Johannesburg ontvang het.

Volgens Pauline het die Covid-19-pandemie egter drie keer Shaali se oorplanting tot stilstand gedwing.

Die eerste keer het die skenker in Maart 2021 positief vir Covid-19 getoets en was gevolglik nie toegelaat om na Suid-Afrika te vlieg nie. Dit het beteken hulle moes ses weke wag voordat hulle weer getoets kon word.

“Ons was meer bekommerd oor Shaali want hy was in kontak met die skenker. As ’n familie was ons so dankbaar vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste aan wie ons sy toestand verduidelik het en wat daagliks gebel het.”

Die grootste terugslag was egter met hul terugkeer na Suid-Afrika vir die beplande oorplanting in November 2021.

“Ons moes 04:00 by die hospitaal inboek vir die oorplanting, maar ons Covid-19-uitslae was nog nie uit nie. Omdat ons egter vyf dae voor die tyd negatief getoets het, is ons egter steeds toegelaat.”

Terwyl personeel besig was om Shaali en die skenker vir die operasie voor te berei, het ‘n suster die nuus gebring dat die skenker en Pauline positief vir Covid-19 getoets het. Die goeie nuus was dat Shaali negatief getoets het.

“Ons is uit die hospitaal begelei met die nuus dat ons ses weke moes wag voordat die oorplanting kon plaasvind.”

Ses weke later het Shaali dié keer positief getoets. Die oorplanting is onbepaald uitgestel omdat Pauline intussen ook ’n miskraam gehad het en sy gevolglik nie ’n geskikte versorger vir haar seun in daardie stadium sou wees nie.

Shaali sou uiteindelik op 27 Oktober vanjaar sy skenkersnier ontvang.

Volgens Pauline was die operasie ’n sukses en het alles volgens plan verloop. Twee dae later het die skenker egter ’n koors ontwikkel en X-strale het getoon vloeistof het begin versamel waar die nier verwyder is.

“Die skenker is onmiddellik teater toe geneem om die vloeistof te dreineer en dit te laat toets.”

Shaali het egter floreer en was “so opgewonde” dat hy nie meer Dinsdae, Donderdae en Saterdae vir dialise hoef te gaan nie.

“Die dokters by die oorplantingseenheid sê Shaali het ’n Rolls-Royce-nier gekry, omdat hy so goed gedoen het! Volgens die mediese personeel het hulle nog nooit gesien dat iemand so gou herstel nie.”

Vir die toekoms sal hy egter steeds elke drie tot ses maande vir opvolgbesoeke in Suid-Afrika moet gaan, maar vir nou gaan hy eers terug skoolbanke toe voor die skole vir die vakansie sluit.

Ten spyte van die met tye geweldige moeilike pad, is daar vandag soveel positiewe groei wat uit die impak daarvan op hul familie voortgespruit het, sê Pauline.

“As familie kon ons nie goed soos gewone families doen, want ons beweging was beperk omdat Shaali dialise moes kry. Finansieel was dit ook swaar vir ons.”

Maar vandag is haar oudste dogter ’n mediese student, Shaali se tweelingsuster wil ’n sielkundige word en hyself het “soveel nader aan Jesus gegroei”.

“Ek wil dankie sê aan God, Namibië, die Okanti Stigting en die skenker vir die opoffering. Elkeen het aan Shaali en sy familie ’n nuwe begin gegee.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!