Sesde Anton Lubowski-gedenklesing in Windhoek aangebied
'Simboliese tragedie van bevrydingstryd'
Onder die tema "Van blootstelling tot aksie: Versterking van stelsels in die stryd teen korrupsie" bring die 2025-lesing vooraanstaande leiers uit regering, deursigtigheid en sosiale geregtigheid byeen om gesprekke te voer, insigte te deel en aksie aan te moedig.
Die Universiteit van Namibië (Unam), in samewerking met die Universiteit Stellenbosch (US), bied op Woensdag 10 September 2025 die sesde jaarlikse Anton Lubowski-gedenklesing in Windhoek aan.
Die geleentheid eer die lewe en nalatenskap van die anti-apartheidsaktivis Anton Theodor Eberhard August Lubowski (1952–1989), wie se sluipmoord in Windhoek in 1989 een van die mees simboliese tragedies van die Namibiese bevrydingstryd bly, en herinner ons aan die voortdurende stryd vir geregtigheid.
Onder die tema “Van blootstelling tot aksie: Versterking van stelsels in die stryd teen korrupsie” bring die 2025-lesing vooraanstaande leiers uit regering, deursigtigheid en sosiale geregtigheid byeen om gesprekke te voer, insigte te deel en aksie aan te moedig.
Die hoofspreker is prof. Peter Katjavivi, bekende Namibiese akademikus, politikus en diplomaat; stigter en visekanselier van Unam en mees onlangs, speaker van die Nasionale Vergadering. Die paneellede is Graham Hopwood, uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) en Rosa Namises, bekende aktivis, politikus en direkteur van Women Solidarity Namibia.
“Dat hierdie lesing in Windhoek aangebied word, waar Anton gewoon en gesterf het, verseker dat sy nalatenskap in die hart van Namibië lewend bly,” sê prof. Kenneth Matengu, visekanselier van Unam.
“Hierdie lesing eer Anton Lubowski se onverskrokke stryd vir vryheid en herinner ons aan ons verantwoordelikheid om die stelsels te versterk wat ware geregtigheid en aanspreeklikheid verseker,” sê prof. Deresh Ramjugernath, rektor en visekanselier van die US.
Die gedenklesing vind môre om 18:00 by Unam plaas en aanlyn via Microsoft Teams. Die skakel word ná bevestiging van bywoning by [email protected] gedeel.
NALATENSKAP
Sedert die eerste lesing in 2019, geïnisieer deur Lubowski se Simonsberg-kamermaat en veteraanjoernalis Charl Adams, het die Anton Lubowski-gedenklesing gegroei tot ’n invloedryke jaarlikse platform wat kritiese dialoog aanmoedig en die nagedagtenis van sy stryd vir geregtigheid lewendig hou:
- 2019: Herdenking van Anton Lubowski se nalatenskap, met ’n hoofrede deur regter Albie Sachs, met Dennis Goldberg en die Lubowski-familie.
- 2020: Sosiale geregtigheid: Quo Vadis, met regter Dennis Davis, prof. Pumla Gobodo-Madikizela en dr. Ismail Lagardien.
- 2021: Intergenerasionele maatskaplike geregtigheid, met lord Peter Hain, Lukhanyo Calata en Khadija Bawa.
- 2022: Maatskaplike geregtigheid en die Grondwet, met prof. Thuli Madonsela, Moeletsi Mbeki en Justice Bekebeke.
- 2023: Die vestiging van ’n beweging, met Zackie Achmat en dr. Imtiaz Sooliman.
- 2024: Geregtigheid en herinnering, met regter Chris Nicholson, wat reflekteer oor die skakels tussen die moorde op Anton Lubowski en Chris Hani.
Die skuif van die 2025-lesing na Namibië dui op ’n nuwe hoofstuk: die viering van Lubowski in sy vaderland, terwyl dit dieper streeksamewerking bevorder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie