Russ besig om Afrika kaf te draf

Van Kaap Agulhas tot Ras ben Sakka in Tunisië
Russ Cook deel gereeld sy ervaringe met sy meer as 534 000 sosialemediavolgelinge.
Iréne-Mari van der Walt
Die Britse drawwer Russ (Hardest Geezer) Cook het die langste drafuitdaging in die geskiedenis op 23 April verlede jaar afgeskop.

Sy doelwit is om van Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika, na Ras ben Sakka in Tunisië, die noordelikste punt van Afrika te draf. Al wat tussen Russ en Tunisië staan, is ongeveer 15 000 kilometer. Hy is vasbeslote om die eerste persoon te word wat die Afrika-vasteland van suid na noord kan kafdraf.

Vir omtrent ’n jaar daarna deel hy gereeld met sy sosialemediavolgelinge – wat nou meer as 534 000 sterk is – hoe hy na ’n skemerkelkie op Tunisië se strand smag.

Hy het sedertdien ook reeds miljoene Namibiese dollars vir liefdadigheid onder “Project Africa” ingesamel.

DAG 1 – 23 APRIL 2023 (50,6 km):

Russ begin sy reis in Kaap Agulhas. Hy draf tot in Struisbaai en daarna na Bredasdorp. Vanaf Bredasdorp draf hy na Nuwerus met die R316-pad. Hy sluit die dag op die pad af voor hy Nuwerus bereik.

DAG 16 – 7 MEI (51,7 km):

Hy bereik die Suid-Afrikaanse grens by Vioolsdrif voor hy die volgende oggend die Namibiese grens by Noordoewer oorsteek.

DAG 23 – 13 MEI (61,3 km):

Russ draf dié kilometers in net minder as 9 uur. Hy bereik sy eerste Namibiese dorp – Keetmanshoop – en eindig die dag op die grens van die !Khob !Naub-bewaringsgebied.

DAG 26 –17 MEI (21,1 km):

Russ word siek – dis vermoedelik voedselvergiftiging – hy draf egter nog steeds 21,1 km. Hy skryf: “Siekte sou altyd deel van die doelwit wees. Deel van die uitdaging waarvoor ek hierheen gekom het, is om ’n manier te vind om verder te gaan. Ek wens ek kon meer doen, maar dis al wat ek vandag gehad het.”

DAG 27 – 18 MEI (43,5 km):

Russ is steeds siek, maar hy draf deur Mariental op pad na Rehoboth.

DAG 28 – 19 MEI (42,4 km):

Hoewel hy die oggend steeds siek was, voel hy teen die middag beter en kan uiteindelik weer vaste kos eet.

DAG 32 – 23 MEI (50,3 km):

Russ is op pad na Windhoek en deel met sy sosialemediavolgelinge dat Namibië een van die vriendelikste lande is wat hy nog ooit besoek het. Die drawwer Jack Tunney laat weet in die kommentaar hy het in 2022 deur Namibië gedraf en het allerhande diere en selfs ’n renoster gewaar. Tunney het daardie jaar die Desert Ultra-marathon gewen.

DAG 33 – 24 MEI (45 km):

’n Groep Namibiërs daag op om saam met Russ deur Windhoek te draf. Hy beskryf dit later as “een van daardie dae waar hy trots gevoel het om net mens te wees”. In sy boodskap aan dié Namibiërs, sê Russ: “Dis ’n seën om die geleentheid te hê om die teerpad in julle mooie land te deel. Ek hoop om die oorweldigende positiwiteit wat julle aan ons gewys het so ver as moontlik in die Afrika-vasteland in te neem.”

DAG 34 – 25 MEI (55,1 km):

Russ het ’n drafmaat, Jacob, en sê hy “is soos ’n koning in Namibië behandel”.

DAG 35 – 26 Mei (29,5 km):

Hy moes eers sy visums by verskeie ambassades uitsorteer. Hy begin eers later die middag draf. Hy het ook ’n nare ondervinding gehad met mans wat glo met gewere gewapen was.

DAG 36 – 27 MEI (51,2 km):

Russ sê hy is nie lus om te draf nie - wat vreemd vir hom is. Hy het goed geslaap en geëet, maar sukkel om homself te oorreed om sy reis voort te sit. In ’n sosialemediaplasing sê hy: “Namibiese gasvryheid bly onoorwonne.”

DAG 37 – 28 MEI (43 km):

Hy is weer siek. “Sewe-en-dertig dae in en twee siektes het my vir ’n ses geslaan,” deel hy op sosiale media.

DAG 42 – 2 JUNIE (60 km):

Russ het bloed in sy urine. “Ten minste wys dit dat my limiete beproef word,” deel hy.

DAG 45 – 5 JUNIE (0 km):

Hy is in die Etosha-omgewing en ’n dokter het hom aangeraai om te rus. Hy en sy span gaan kyk wild om die tyd te verdryf.

DAG 48 – 8 JUNIE (42,3 km):

Russ is terug en die tekens dui daarop dat hy naelskraap hospitalisasie vermy het.

DAG 49 – 9 JUNIE (53 km):

Terwyl hy uitsien om die Angolese grens oor te steek, moet hy vaarwel aan Namibië heet. “Ek sal altyd die mense van Namibië onthou wat ons ontmoet het. Aan die Namibiese mense, julle het ons met ope arms verwelkom – van die begin tot die einde. Julle het vir ons ongelooflike gasvryheid gewys toe ons dit die nodigste gehad het. Julle het uit julle pad gegaan om ons te help met so baie geleenthede,” sê Russ op sy sosiale media.

DAG 50 – 10 JUNIE (50 km):

Russ se laaste dag in Namibië. Hy het die volgende dag 24,5 km gedraf nadat hy uiteindelik die Angolese grens oorgesteek het.

DAG 64 – 24 JUNIE (32 km):

Russ en sy span word in Angola beroof. Mans met gewere beroof hulle tydens middagete. Niemand is beseer nie, maar hulle buit ’n paar kameras, twee selfone, al hulle kontant en paspoorte.

DAG 66 – 26 JUNIE (55,7 km):

Die Angolese polisie bied aan om vir Russ en span ná die rooftog te begelei. “Ek voel sleg vir die polisieman wat heeldag teen 10 km/uur in sy voertuig moet ry,” sê hy op sosiale media.

DAG 69 – 29 JUNIE (59 km):

“My liggaam is in konstante pyn, maar as ek ’n rukkie lank hardloop, voel ek niks meer nie, wat handig te pas kom,” skerts Russ op sosiale media.

DAG 84 – 14 JULIE:

Hy laat weet sy volgelinge dat hy ná ’n breek van ongeveer twee weke weer kan aangaan. Hy moes saam met sy span terugkeer na Windhoek om hul reisdokumente in orde te kry.

DAG 89 – 19 JULIE (31,5 km):

Russ is in Luanda. Hy sê sy liggaam trek effens swaar om weer by die drawwery aan te pas.

DAG 91 – 21 JULIE (47,6 km):

Hy sê sy liggaam begin elke dag stadig maar seker weer by die drawwery aanpas nadat hy die vorige paar dae die laaste end moes stap omdat sy liggaam nie die mas kon opkom nie.

DAG 102 – 1 AUGUSTUS (42,2 km):

Russ laat weet hy het in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) aangekom.

DAG 107 – 6 AUGUSTUS (60 km):

Hy word van sy span geskei en hy draf deur ’n nedersetting. Hier dring die hoofman aan op geld, maar Russ het nie geld by hom nie.

Hy kan hulle nie verstaan nie en bevind homself tussen ’n groep mans met kapmesse. Hulle neem hom toe in die veld in. Russ gooi alles uit sy rugsak om te wys dat hy nie geld het nie en hardloop weg. Vir die volgende paar ure probeer hy van voetpaadjies wegbly en uiteindelik help mans op ’n motorfiets hom. Hulle neem hom na hulle nedersetting waar hulle weer op geld aandring. Die waarnemende hoofman – wat ’n bietjie Engels kon verstaan – kon die verwarring saam met Russ oplos.

DAG 109 – 8 AUGUSTUS:

Russ laat weet dat hy en sy span hul roete aangepas het en hy suidwes gaan hardloop, terug na Angola toe, waar hy in Cabinda weer sy visums moes uitsorteer.

DAG 125 – 24 AUGUSTUS:

Hy bereik die DRK ’n tweede keer en minder as ’n uur nadat hulle die grens oorgesteek het, sit sy ondersteuningsvoertuig vas.

DAG 153 – 21 SEPTEMBER (55,5 km):

Russ red ’n klein krokodil. ’n Jong seun verkoop krokodille langs die pad naby Brazzaville in die DRK en Russ besluit om die krokodil te koop en vry te laat. Russ noem die krokodil Nigel of “Big Nige”. “Ek wou hom as ’n troeteldier aanhou, maar om in ’n minibus vir die res van die jaar te woon, is nie die ding vir krokodille nie,” deel Russ met sy volgelinge.

DAG 163 – 2 OKTOBER (58,8 km):

Hy oorkruis die grens tussen die DRK en Kameroen.

DAG 166 – 5 OKTOBER (60 km):

Russ is weer siek en dit is vermoedelik weer voedselvergiftiging.

DAG 171 – 9 OKTOBER (58,7 km):

Hy laat weet hy is gesond en is net voor die hoofstad van Kameroen, Yaonde. Die Nigeriese grens wag daarna op hom.

DAG 178 – 16 OKTOBER (56 km):

Daar was die vorige drie dae weer bloed in Russ se urine, maar teen vandag is dit opgeklaar.

DAG 183 – 21 OKTOBER (20,1 km):

Russ is in Nigerië; hy moet egter die gemak van ’n teerpad vir sand en modder ruil.

DAG 189 – 27 OKTOBER (61,1 km):

’n Groep Nigeriërs nooi hom om sokker saam met hulle te speel ná die dag se drawwery.

DAG 197 – 5 NOVEMBER (70,4 km):

Russ kla van pyn in sy laer rug, maar sê die enigste logiese oplossing is om nog 70 kilometer die volgende dag te draf. Sy ondersteuningsvoertuig is ook per ongeluk met petrol in plaas van diesel volgemaak, en dus moes die minibus herstel word.

DAG 208 – 15 NOVEMBER (60 km):

Sy rugpyn vererger en hy besluit om ’n dokter te gaan sien. Hy sê dit is waarskynlik die ernstigste besering wat hy nog opgedoen het. Hy neem medikasie vir die pyn en draf verder.

DAG 211 – 18 NOVEMBER (51,8 km):

Russ is op ’n laagtepunt. Hy sê op sy sosiale media: “My kop is ’n oerwoud. . . Wanneer jy jou oë toemaak, sien jy die binnekant van jou ooglede. Wanneer ek my oë toemaak, sien ek net teerpad.”

DAG 214 – 22 NOVEMBER (36,7 km):

Hy oorkruis die grens na Benin en sê hy voel grieperig en daarom draf hy nie so ver nie.

DAG 220 – 27 NOVEMBER:

“My liggaam voel asof dit deur ’n vleismeul gesit is en in batterysuur laat lê is, maar om voort te beweeg is steeds op die agenda,” sê Russ aanlyn. Hy kruis op dié dag die grens na Togo oor.

DAG 223 – 30 NOVEMBER (50 km):

Russ is in Ghana en sê hy probeer steeds ’n manier vind om met sy hordes beserings te draf. “Ghana voel regtig soos een van die mees gasvrye en veiligste plekke wat ek tot dusver op die vasteland besoek het,” sê hy.

DAG 229 – 6 DESEMBER:

Russ sukkel steeds met sy beserings, maar sê hy het nie gasvryheid soos dié van Ghana teëgekom sedert sy tyd in Namibië en Angola nie.

DAG 232 – 10 DESEMBER (50 km):

Russ is in Ivoorkus.

DAG 238 – 16 DESEMBER (61 km):

Hy besoek ’n skool in Ivoorkus om 15 skootrekenaars wat Intel geskenk het, af te gee.

DAG 240 – 18 DESEMBER (60,5 km):

Met sy beserings wat sonder enige rede beter raak, kan Russ weer volstoom draf.

DAG 241 – 20 DESEMBER (110 km):

Dit is die verste wat Russ nog in ’n dag gedraf het. Hy sê hy beplan om nog langer sessies te draf.

DAG 247 – 25 DESEMBER (57 km):

Dit is Kersfees en Russ is in Guinee. Hy en sy span geniet ’n braai ná die dag se draf.

DAG 260 – 7 JANUARIE 2024:

Nadat Russ nog ’n finale keer in 2023 voedselvergiftiging opgedoen het, sien hy nou uit om Tunisië binne te gaan.

DAG 271 – 17 JANUARIE:

Hy is in Senegal en deeglik bewus van die uitdaging wat in die Saharawoestyn vir hom voorlê.

DAG 278 – 23 JANUARIE:

Sy reis is amptelik in gedrang wanneer Russ nie ’n visum kan kry om Algerië binne te gaan nie. Nadat die Algeriese ambassade sy plasings op die sosialemediaplatform X (voorheen Twitter) sien, help hulle hom vinnig.

DAG 289 – 4 FEBRUARIE (49,8 km):

Die dag is naby en Russ kan uiteindelik dit op sy kalender aanteken. Op 7 April sal hy die eerste man wees wat oor die lengte van Afrika gedraf het.

DAG 293 – 7 FEBRUARIE (0 km):

Hy het weer voedselvergiftiging en kan nie draf nie. Sy einddatum van 7 April is steeds haalbaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%