Ouma Ellie vier ’n eeu
Vandag word groot fees gevier in die Altersheim op Otjiwarongo met ouma Ellie Venter wat haar 100ste verjaardag vier. Ouma Ellie is op 1 Oktober 1926 in Groot Marico in die destydse Transvaal gebore as Elsie Magdalena Adriana van Staden. In 1934 verhuis sy saam met haar ouers na die voormalige Suidwes-Afrika en in 1950 trou sy met Soon Venter. Die egpaar het vir jare in die omgewing van Otjiwarongo geboer en drie kinders is uit hul huwelik gebore. Ouma Ellie woon die afgelope paar jaar in die Altersheim waar inwoners vandag saam met haar, haar drie kinders, vriende en familie die grootse seën van eeu op die aarde vier.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie