Ouma Elizabeth vier ’n allemintige 103

Sy hou haarself besig met naaldwerk
Behalwe vir die gehoor wat ietwat verswak het, makeer ouma Elizabeth Bock niks nie.
Tanja Bause
Vandag vier ouma Elizabeth Bock van Groot Aub haar 103de verjaarsdag. Sy is op 2 Februarie 1921 op dié dorp gebore.

Haar jongste dogter, Hanna Bock, sê Ouma het tot graad 4 op die dorp skoolgegaan.

“Ouma het altyd vertel sy het baie swaar grootgeword en dat daai jare nie maklik was nie. Hulle het nie al die goed gehad wat ons vandag het nie – goed soos klinieke of voertuie. Dinge wat die lewe makliker gemaak het,” het Hanna gesê.

Ná sy skool voltooi het, het sy haar ma en pa by die huis gehelp.

“Hulle het ’n klein boerdery gehad met bokke en skape en sy het hulle daarmee gehelp. Sy het altyd by die huis gebly. Sy het glad nie in dink, rook of dans belang gestel nie. Die ander jongmense het altyd gaan dans, maar Ouma het nie in dié goed belang gestel nie.”

In 1951 het ouma Elizabeth met Johannes Bock in die huwelik getree. Hy was ’n jong boer wat ’n plaas gekoop en met bokke, skape en beeste geboer het.

“Ouma het geboorte aan nege kinders geskenk waarvan twee as babas gesterf het. Vandag is ons nog vier wat lewe. Die kinders is op verskillende plase of in die huis op Groot Aub gebore.

“My een broer is sommer op Aub se vlaktes gebore. Ouma het geboorte gegee en iemand het haar gehelp om die naelstring te knip. Vroue in daardie jare was baie sterk en sy het alles gedoen wat die mans gedoen het; die diere opgepas, koeie gemelk, room gemaak, geslag en die velle gebrei, berge geklim en drade reggemaak. Haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie.”

Johannes het die plaas Transnet gekoop, ’n huis op die grond gebou en hulle daar gevestig. Dit is ook die plaas waar Ouma nou nog bly.

“In 1971 het die buurman my pa doodgeskiet. Net hy alleen sal weet hoekom hy dit gedoen het. Ons weet nie, maar van daar af het my ma saam met my een broer op die plaas gebly en geboer.”

Wanneer Ouma dorp toe en kerk toe wou gaan, het sy op die muilkar geklim en die sowat ses kilometer na Groot Aub gery.

“Sy het talle kere self die muile ingespan en op die kar geklim en gery. Nou kan sy nie meer op die muilkar klim nie en sy wil ook nie meer nie. Sy wil nou op die plaas bly waar haar man gesterf het en waar hy begrawe is. Wanneer sy haar laaste asem uitblaas, wil sy langs hom op haar grond begrawe word,” het Hanna gesê.

Ouma hou haarself nou nog besig met naaldwerk.

“As ’n broek stukkend is of ’n knoop iewers kort, bring mense die klere vir Ouma en sy maak dit reg. Ouma het nog altyd klere gemaak en sê die herstelwerk hou haar besig.”

Ouma het altyd haar ma en pa geëer en gehoorsaam.

“Ouma het nooit gerook of gedrink nie. Sy het glad nie lelike dinge gedoen nie en sy was altyd gehoorsaam aan die Here. Dit is die Here se genade wat haar dra. Ons kinders is ook baie dankbaar dat die Here haar so lank vir ons gespaar het. Die Here sal haar ook vorentoe met krag en gesondheid seën.”

Hanna sê Ouma kan nog op haar eie rondbeweeg en haar verstand is nog helder. Dit is net haar gehoor wat verswak het en mens moet net ’n bietjie harder praat.

BOODSKAPPE VAN DIE FAMILIE

Ouma Elizabeth Bock, ook bekend as Attie, Ellie, Mamma, Ouma en Oumagrootjie, vier môre haar 103de verjaarsdag.

Mamma is ’n inspirasie vir ons as u kinders. Dankie vir jou onvoorwaardelike liefde, wyshede en die offer van jou tyd. Ons stuur hierdie boodskap gevul met liefde en waardering. Mamma is die kern van ons gesin en die ligpunt in ons lewens. Mag hierdie nuwe jaar vol vreugde, gesondheid en voorspoed vir Mamma wees. Ons waardeer elke oomblik saam met Mamma en ons sien daarna uit om nog meer kosbare oomblikke te deel. Baie geluk met Mamma se verjaarsdag. – Mannetjie, Meide, Driena en Hanna

Baie geluk met Attie se verjaarsdag, mag die vreugde van die Here deur Attie vloei soos lewende water. Mag goedheid en guns Attie volg al die dae van Attie se lewe. Woorde is te min om die blydskap te beskryf. Attie is ’n lewende voorbeeld van eer jou vader en jou moeder en jou dae sal verleng word. Dis met ’n blye hart, hart van liefde vir Attie, wat ek vandag die seën van die Here oor Attie se lewe uitspreek. Dankie vir die vriendin, moeder, ouma, oumagrootjie wat Attie vir ons almal en al ons kinders, kleinkinders en agterkleinkinders is. Ek is baie lief vir Attie. – Johanna Visagie, wat by haar grootgeword het

Ouma ons is vandag opreg dankbaar en is oorlaai met vreugde om die dag met Ouma te kan ervaar. Ouma, om u elke dag te hoor praat en van elkeen van u kleinkinders uit te vra, hoor hoe dit gaan, is ’n borrel in ons harte, want ons ouma vergeet nie een van ons nie.

Ouma, jou stories is kosbare skatte wat ons vir altyd in ons harte sal dra. Mag hierdie jaar gevul wees met rustigheid, geluk en daaglikse herinneringe aan Ouma se wysheid en sorg. Ouma, jou lewe is ’n kosbare skat van liefde en wysheid. Mag elke oomblik van jou verjaarsdag ’n herinnering wees aan die pragtige impak wat jy op ons lewens gehad het. – Ouma se kleinkinders

In die hart van tyd se weefsel, blink ’n lewe van onskatbare waarde. Ouma se 103 jare is ’n roos van herinneringe, ’n tuiste waar liefde nooit verwag. Die seisoene van Ouma se lewe, ’n dans deur vreugde, trane, sonskyn en reën. Ouma se wysheid is ’n lig in die donker, ’n gids vir ons in die spelonke van die lewe se pyn. Ouma is ’n legende van liefde, ’n simfonie van tyd se sagte lied. Met elke kers wat nou brand, vier ons ’n legendariese reis van begin tot einde. Mag die volgende hoofstukke helder wees, gevul met vriende, vrede en verrassings, gelukkige 103de verjaarsdag. ’n Heildronk op ’n lewe wat ewig sal skitter. – Nannie, broers en susters

Mamma op die besonderse dag wil ek ’n oomblik neem om my diepste gevoelens van blydskap en dankbaarheid met Mamma te deel. Mamma se 103 jare van wysheid, liefde en ’n lewe, is ’n bron van vreugde en ’n inspirasie in my lewe. Mamma is nie net ’n getuie van tyd nie, maar ’n gids en lig vir ons almal. Mamma se aanwesigheid is ’n geskenk wat elke dag gevul is met herinneringe en waardering vir die lewe. Ek borrel oor van liefde en waardering vir die oomblikke van vreugde, lag en selfs die taaier tye wat ons saam gedeel het. Jou lewe het my geleer om te waardeer, te koester en te lewe met ’n opregte liefde vir klein alledaagse dinge. Mag hierdie dag vir jou wees soos ’n blom wat in volle prag bloei, want Mamma verdien dit en nog baie meer.

Ek is ewig dankbaar vir jou liefde en die rykdom wat Mamma in my lewe bring. Mamma, die opgroei by Mamma was my lekkerste tye, as ons saam met die muilwa na Uwe (Duitser op Groot Aub) kon ry en lekkergoed kon kry. Wanneer Mamma my elke aand as ons gaan lê het met biltong of iets lekkers bederf het. Wanneer Mamma my ou stories vertel het; ek kon vir ure sit en luister hoe Mamma opgegroei het. Mamma het my geleer om vroeg tussen reg en verkeerd te onderskei, baie van my positiewe besluite is oor Mamma se opvoeding. Vandag is ek glad nie spyt dat ek as kleinkind by Mamma moes grootraak nie. Ek is oneindig dankbaar vir Liewe Jesus dat ek die voorreg gehad het. Vandag is Mamma nie net my Ouma nie, maar my ma, my heldin wat nie bang was om iets aan te pak nie. ’n Ouma duisend. Gelukkige 103de verjaarsdag, Mamma.

Vader Jesus, dankie vir my ouma se 103 jare wat U haar gespaar het. Dankie, al het sy soms pyne kan sy nog steeds opstaan en tussen ons wees. Here Jesus, beskerm haar, hou haar vas in die boesem van U hart. Dankie vir die genade jare. – Elzabe Gordon, kleinkind

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026