Oorsaak van Franci Swanepoel se dood bekend
Franci Swanepoel (50), die bekende Suid-Afrikaanse aktrise, is aan ’n hartaanval dood, het haar man, adv. Max Baer, Donderdag bevestig.
Swanepoel is in Oktober skielik dood.
Sy was bekend vir haar rolle in Binnelanders, Getroud met rugby en Sterlopers. Sy was ook te sien in rolprente soos Die vierde kabinet, Stroomop en Lien se lankstaanskoene.
“Wat kan ’n mens nou maak? Jy moet maar aangaan,” het Baer Donderdag gesê.
Hy sê die afgelope paar weke sonder Swanepoel was vir hom moeilik, maar hy probeer aangaan.
Baer het by Swanepoel se gedenkdiens gesê hy verwag baie uitdagings ná haar dood.
Die gedenkdiens is op 22 Oktober gehou. Swanepoel is geloof as iemand wat baie kreatief was en ’n hart van goud gehad het.
Haar ma, Marida Swanepoel, het ná die gedenkdiens aan Netwerk24 gesê haar “woorde het opgedroog”.
Ds. Johann Symington, ’n vriend van die gesin wat Swanepoel goed geken het, het op haar gedenkdiens gesê sy was ’n “bron van lewe, ’n stuk van kreatiwiteit met ’n hart van goud”.
Symington het Swanepoel en Baer in die eg verbind en ook die begrafnis van haar pa, die bekende radioman Nic Swanepoel, gelei.
Bron: Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie