Oom Hansie en tannie Meisie se 60 jaar van genade
Hul huwelik weerspieël elkeen van die eienskappe wat hul diamantbruilof simboliseer – krag, kosbaarheid en met die voortgesette waardes wat hul eenheid as man en vrou kenmerk.
Oom Hansie (Koenraad) en tannie Meisie (Katrina) Theron het op 28 Oktober 1965 trou aan mekaar beloof en hul diamantbruilof gevier deur weer hul troubeloftes, 60 jaar later, op 1 November in die Rynse Kerk op Rietoog teenoor mekaar af te lê.
Oom Hansie is 90 jaar oud en was ’n bouer en sy bruid, tannie Meisie (81) was ’n huisvrou en hulle het mekaar op die plaas Kambes ontmoet wat vandag ook hul tuiste is. Hier het die Theron-egpaar met kleinvee geboer.
Oom Hansie en tannie Meisie is die ouers van twee dogters en twee seuns, van wie een seun en een dogter reeds oorlede is. Hulle is ook die trotse grootouers van vier kleinkinders en grootgrootouers van drie agterkleinkinders.
Die les wat hul kinders uit hul ouers se huwelik van soveel genadejare geleer het, is om moed te hou al gaan dit hoe moeilik, want dit maak die liefde vir mekaar sterker. Ook om nooit van die Hemelse Vader te vergeet wat alles moontlik maak nie.
Oom Hansie se gesondheid op 90 is nog goed, maar tannie Meisie het die laaste maand verswak en hul lewe is nie meer so vol en bedrywig soos dit altyd was nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie