’n Laaste eerbetoon sy roeping

Begrafnisondernemer deel sy passie
Eddy het al van kleins af 'n begrip van begrafnisse en die rouproses.
Tanja Bause
“My oorlede oupa was ’n ouderling op ons plaas en in die gemeenskap. Hy en my oorlede ouma moes baie families bystaan wat met die dood gekonfronteer is. So is ek baie aan begrafnisse en roudienste blootgestel.

“Hulle sê toe ek net begin stap het, het ek aan my oupa se broek vasgehou wanneer hulle teraardebestellings gedoen het. Ek en my nefies het saam grootgeword en waarheen Oupa gegaan het, het ons saamgegaan.

“My ouma het altyd vir ons ’n kombers voor in die tent oopgegooi en daar moes ons sit, eet, slaap, luister en sing. Dit was kosbare oomblikke wat ek vir niks sal verruil nie,” vertel Kirsten Edward Orlam, beter bekend as Eddy van Eddy Orlam Funeral Services op Rehoboth.

Die 29-jarige Eddy is in Windhoek gebore en volgens hom is hy een van die bevoorregte kinders wat by sy oupa en ouma grootgeword het.

“My ouma het altyd vir my ma gesê: ‘Jy het net geboorte aan hom geskenk, maar dis onse keend.’ Ek sal daai tyd in my lewe vir niks verruil nie. Ek het my laerskool in Windhoek voltooi en nog steeds vakansies en naweke na my oupa en ouma toe gegaan. My ma is vir werk na Gibeon verplaas en ek het vir twee jaar in die Suide skoolgegaan. Ons het terug Windhoek toe getrek, waar ek my skoolloopbaan voltooi het.”

Kort nadat Eddy weer terug in Windhoek was, het sy oupa hom ingelig dat hy saam na ’n begrafnis op Groot Aub moet gaan. Sy oupa het hom ingespan om met die diens te help en dit is waar Marlowe Theron van Akasia Funeral Services hom raakgesien het.

“Hy het my genader en gevra of ek sakgeld oor naweke wil verdien. Ek het my indiensopleiding by hom begin en die res is, soos hulle sê, geskiedenis. Ek was in die stadium nog op skool toe Marlow en Wally Theron my in die tuig ingegooi het. Hulle het my alles geleer oor hoe om ’n goeie begrafnisondernemer te word. Daar is ’n groot verskil tussen ’n begrafnisondernemer en iemand wat begrafnisse bywoon.”

Eddy dink nou nog aan die dag toe hy met ’n lykswa by die skool opgedaag het vir sy eindeksamen.

In 2020 was hy gedurende die universiteitsvakansie by die huis toe die Covid-19-pandemie uitgebreek het.

“In daardie stadium was ek nog werksaam by Akasia. Die geleentheid om ’n eie onderneming te open, klop toe aan my deur. Met hulp en leiding van die Here en families, maak die Eddy Orlam Funeral Services toe in Augustus 2020 sy deure oop. Hier maak die Here dit moontlik dat ek hierdie bediening, passie en roeping kan voortsit deur die Here, families en die gemeenskap te dien met die werk wat ons doen.

“Maar met hierdie bediening gaan daar ook baie gepaard. ’n Mens moet geestelik en emosioneel op die regte plek wees. Elke familie is anders met hul eie vereistes en hartseer. Jy moet saam met hulle hierdie pad stap. Die dood kan ’n mens soms irrasioneel laat dink en optree en soms loop gemoedere hoog. Dis dan waar jy as begrafnisondernemer nie kan kwaad raak of saam opgewonde raak nie, meer wel menslikheid moet wys.”

Volgens Eddy is die beroep ’n bediening en nie ’n besigheid nie.

“Ons almal wat begrafnisondernemers is, dien die Here en die mensdom met die werk wat ons doen. Ons is passievol, want as jy nie ’n passie het nie en nie die werk met liefde en oorgawe doen nie, is alles tevergeefs.”

DIENS

Dienslewering is uiters belangrik en behels volgens Eddy baie meer as net ’n mooi lykswa, mooi tente by die graf of hoeveel water en sap beskikbaar is. Dié dinge is vir hom vanselfsprekend.

“Diens beteken eerstens vir my om die familie wat jy bedien, tuis en gemaklik by jou onderneming te laat voel. Die familie moet daardie gevoel van ‘ons en ons geliefde is in goeie hande’ kry.

“Ek sê altyd vir my personeel wanneer ons praat of iets doen, moet ons dit altyd met respek en uit liefde doen. Ek het ’n instelling en ons probeer sover moontlik daarby hou dat, wanneer families en die kerk – veral op plase – moeg raak, moet die ondernemer daar wees om weer ’n skouer te bied deur middel van sang of bemoediging.

“Ek sê ook altyd vir die mense dat hierdie dag ook by ons almal ’n draai gaan maak en daarom moet ons dié wat nou daardeur gaan, die respek en eer betoon wat hulle toekom.”

EDDY

“Ek het al so baie laagtepunte in my lewe gehad, maar die Here het my nog elke keer opgetel. My oorlede oupa het een keer vir my gesê: ‘My keend, jy hoef nie baie geld of duur karre en goed te hê nie. Jy moet jouself net kan dra tussen mense.’ Ja, mense het al op my neergekyk en seker gedink ‘van jou sal seker niks word nie’, maar een pastoor sê altyd die Here het vir ons wat nobodies was, somebodies kom maak.”

Die hoogtepunt in sy lewe is sy besigheid.

“Dit was vir soveel jare ’n droom en ek wil regtig niks anders as dit doen nie, tensy die Here anders besluit. Ek bid ook vir die Here vir gesondheid en dat Hy my lewe sal spaar. Ek wil nog so baie families help om hulle geliefdes te begrawe of veras.

“Wanneer ’n familie ons vir ’n sterfgeval bel, gebruik ek altyd die voorbeeld van ek los net sowel my kinders by vreemde mense en gaan haal hulle oor ’n week of twee weer. Hulle vertrou ons met hul geliefde. Ek bid regtig dat die Here hierdie onderneming sal gebruik om in die hede en toekoms soveel families by te staan. Dat, met ’n geliefde se heengaan, die Eddy Orlam-onderneming eerste by mense sal opkom – en nie oor wat nie, maar oor die gesindheid waarmee die werk aangepak word. Ek het ’n skrif, opgeteken in Kolossense 3:23, wat ek gereeld vir my span lees: ‘Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.’

“Ek ervaar soveel vrede wanneer ek families kan bystaan wat deur rou en seer gaan en baie mense het my gevra of ek seker is of dit is wat ek wil doen. Ek is doodseker – tot vandag toe en tot in ewigheid is ek doodseker. Ek het in ’n stadium by Agra gaan werk en in die bank en gaan skoolhou en nog baie ander goed gedoen, maar ek kan met sekerheid sê ek kry nie die hoeveelheid gemoedsrus by enige ander plek as hier waar ek nou is nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%