NEGLECTED: Musisi Rudolf, says they feel neglected by the Namibian government. Photo Nikanor Nangolo
NEGLECTED: Musisi Rudolf, says they feel neglected by the Namibian government. Photo Nikanor Nangolo

’n Dag in die lewe van Musisi

Geen water, krag
Die nedersetting Naingope is afgeleë en die inwoners moet kilometers ver stap om die naaste kliniek te bereik en om water te gaan haal.
Nikanor Nangolo
Die lewe in sy afgeleë nedersetting is nie maklik nie en die meeste inwoners is afhanklik van kleinskaalse bestaansboerdery om te oorleef.

Musisi Rudolf (40) is die pa van ses kinders en woon die afgelope 20 jaar in die Naingopo-nedersetting in Kavango-Wes.

Hy sê die inwoners voel die regering skeep hulle af wanneer dit kom by toegang tot basiese menseregte soos water en krag. Volgens hom moet hy baie ver stap om water by ’n bron by Naingope 2 te gaan haal. Wanneer hy of sy familielede die kliniek besoek, moet hulle 10 kilometer ver stap.

Musisi sê hy sien op daarteen om die lang afstand af te lê om water te gaan haal.

“Ek het altyd ’n donkiekar gehad wat dit bietjie makliker vir ons gemaak het om water te gaan haal. Maar weens omstandighede moet ek en my seun elke dag 20 kilometer aflê om genoeg water te gaan haal vir die familie om mee te kook en te was. My jongste moet elke dag bad voor hy skool toe gaan,” vertel hy.

“Ek hoop ons regering kan ons hoor en ons help; met ’n waterbron wat nader is of werksgeleenthede wat ons help om ons lewensomstandighede in hierdie dele van die land te verbeter.”

Musisi sê dit sal baie help omdat die lewe in die omgewing “nie maklik is nie en alles, van water tot kruideniersware, ver is”.

Die enigste plek waar inwoners kruideniersware kan koop, is Rundu en wat sowat N$200 kos om soontoe en terug te reis.

“Ons moet ’n ver afstand na die kliniek toe stap wat sowat 10 kilometer is. In die meeste gevalle het ek nie geld vir vervoer nie. Selfs wanneer ek het, is die enigste voertuig hier wat ons normaalweg tot iewers naby die kliniek kan bring, net in die oggende beskikbaar. Dit maak dit baie moeilik, want as jy enige ander tyd van die dag siek word, moet jy tot die volgende dag wag.”

“Jy kan stap en in ons geval, as die persoon te siek is en daar is nie ’n donkiekar beskikbaar nie, dra ons die persoon op ons rug en stap kliniek toe.”

Geen ambulanse of voertuie is by die kliniek beskikbaar nie. Die enigste ambulans in die omgewing is een wat van Rundu sowat 130 kilometer weg moet ry en ongeveer vyf ure neem om by die kliniek aan te kom.

“Dit is ’n baie groot risiko want jy kan in hierdie woude deur ’n slang gepik word en jy gaan dit beslis nie betyds tot by die kliniek of die hospitaal maak nie.”

Musisi vertel dit is reeds skemer wanneer sy vyfjarige seun saans by die huis kom en vir byna twee ure met ’n gruispad van die skool gestap het.

Hy is tans werkloos en sukkel om werk te kry. Sy enigste opsie om vir sy familie te sorg is bestaansboerdery en om genoeg gewasse te kweek om in hul behoeftes te voorsien. Dit is as dit genoeg reën vir die gewasse om te groei.

“Die enigste geld wat ek kry, is van tenders vir die omheining van plase en waarvoor ek N$1 000 op die meeste kry. Dit is egter weinig dat werksgeleenthede in sy nedersetting beskikbaar is.”

Die mees onlangse werksgeleentheid wat in sy omgewing beskikbaar was, was die konstruksie van die gruispad wat voor Musisi se huis verbyloop. Net vier inwoners van sy nedersetting het egter uit die geleentheid gebaat, met die res van die werkers wat van ander nedersettings gekom het.

“Ek diskrimineer nie, maar dit sou beter wees as meer van ons voordeel uit die geleentheid kon trek wat homself weinig in dié gedeeltes van die land voordoen.”

Musisi het namens die res van die inwoners gesê hulle is hoopvol dat die regering ’n waterbron nader aan die nedersetting kan oprig en moontlik ook krag na die gebied bring.

“Weens my finansiële situasie is my oudste kind (17) gedwing om die skool te verlaat en my by die huis te help. Ná baie oorweging het ek besluit om hom volgende jaar terug te stuur, sodat hy ’n beter plek in die samelewing en ook ’n beter toekoms kan hê.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%