Mooie Ansua op pad na Mev. Heelal

Suid-Korea wink vir skoonheid
By vanjaar se kompetisie val die klem op geweld teen vroue en mensehandel.
Henriette Lamprecht
Ansua Hammerslaght het pas bevestiging ontvang dat sy in Desember vanjaar gaan deelneem aan die Mev. Heelal-kompetisie wat in Suid-Korea plaasvind.

Die kompetisie duur vanaf 3 tot 11 Desember.

Ansua is geen onbekende gesig in die wêreld van skoonheidskompetisies en liefdadigheidswerk nie.

Nadat sy etlike jare gelede as Mev. Namibië gekroon is, het sy onder meer Namibië in 2014 by die Out of Africa Winter Queen-kompetisie in Kaapstad verteenwoordig en in dieselfde jaar aan die Mrs Globe 2014 in Senchen, China, deelgeneem waar sy as Mev. Persoonlikheid aangewys is en benoem is as beste deelnemer van ’n nuwe land om aan die kompetisie deel te neem.

“Die organiseerders van die Mev. Heelal-kompetisie het deurentyd ’n oog op my gehou en gereeld gevra of ek nie wou deelneem nie,” vertel Ansua.

“Maar ek het besluit die tyd was nie reg nie.”

Toe al die ma van ’n seun wat nou 14 jaar oud is, het Ansua vir eers met skoonheidskompetisies opgehou en intussen ook ’n dogtertjie ryker geword.

Op eie bodem was sy egter nog baie doenig, veral met liefdadigheidswerk.

“Meer onlangs was ek ’n gasspreker by die She Force Namibia-geleentheid wat vir vroue en deur vroue gereël is om mekaar te motiveer, en ek is ’n beoordelaar by die Mej. Dr. Lemmer-kompetisie.”

Sy het ook intussen weer modelwerk begin doen.

Toe die organiseerders van vanjaar se Mev. Heelal-kompetisie weer vra of sy nie wil deelneem nie, het sy besluit die tyd is nou reg.

Boonop is vanjaar se tema “Vroue van die wêreld teen geweld en mensehandel” – ’n kwessie wat haar na aan die hart lê.

“Ek voel nou gereed, veral ná alles wat ons die afgelope drie jaar deur is.”

Ten spyte van al haar ervaring, sê Ansua sy is senuweeagtig om weer op ’n internasionale verhoog te verskyn.

“Hierdie kompetisie is eintlik vir my soos ’n groot ‘comeback’.”

Gelyktydig is sy ook opgewonde oor die ervaring wat voorlê.

“Mev. Heelal is anders as ander soortgelyke kompetisies. Ons sal die gewone mediakonferensies en liefdadigheidswerk doen, maar die grootste ding is die beraad oor geslagsgeweld. So die fokus is op ’n baie ernstige tema. Ek moet ’n voorlegging daarvoor voorberei.”

Tussen alles deur werk Ansua nog steeds voltyds, is sy ’n voltydse ma en is sy ook voltyds by nauurse funksies en oor naweke betrokke.

Hoe hanteer sy dit alles?

“Een ding op ’n slag, goeie tydsbestuur, en my familie kom altyd eerste. Ek sorg dat ek tyd maak vir alles. As ek besef ek het ’n breek nodig, dan vat ek dit. Dit gaan nie help as ek uitgeput is en ek kan nie regtig iets doen nie.”

In die toekoms beplan sy om die Mev. Namibië-skoonheidskompetisie amptelik te registreer.

“Die papierwerk is aan die gang, en daarmee saam kan wenners aan die Mev. Heelal-, Aarde-, Wêreld- en Globe-kompetisies deelneem.”

As ’n ma van twee kinders, wil Ansua ook graag die jeug motiveer om nie op te gee nie en om altyd positief te bly.

“In vandag se wêreld word kinders vreeslik van buite beïnvloed en oor wat ander van hulle dink of sê. Ek weet dit is moeilik om sterk te bly, veral op ’n emosionele vlak, maar aan die einde van die dag moet ons by God ons krag en leiding vra. Behalwe op God, moet ons ook op onsself vertrou.”

Die Mev. Heelal-kompetisie is ’n jaarlikse internasionale geleentheid vir getroude en geskeide vroue asook weduwees van oraloor die wêreld, wat tussen die ouderdom van 18 en 55 is, ’n gesin en loopbaan het, en betrokke is by liefdadigheidswerk.

Om haar deelname in Suid-Korea moontlik te maak, sê Ansua het sy nog hulp nodig.

“Ek werk nou aan my klerekas, en as daar ontwerpers is wat kan help, is ek nog op soek na ’n nasionale kostuum en ’n spoggerige aandrok.”

Vir meer inligting, of om hulp aan te bied, kan Ansua by [email protected] gekontak word.

– republikein@republikein

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 373.63/OZ DOWN -0.0076 | Copper US$ 4.82/lb DOWN -0.0152 | Zinc US$ 2 958.00/T DOWN -0.86% | Brent Crude Oil US$ 84.07/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 1 052.70/OZ DOWN -0.016 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 373.63/OZ DOWN -0.0076 | Copper US$ 4.82/lb DOWN -0.0152 | Zinc US$ 2 958.00/T DOWN -0.86% | Brent Crude Oil US$ 84.07/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 1 052.70/OZ DOWN -0.016