Legende van die Namib sterf
Reuse-impak op plaaslike toerisme gemaak
Die Namibiese toerisme- en bewaringsgemeenskap treur oor die verlies van Tommy Collard.
Die Namibiese toerisme- en bewaringsgemeenskap is in rou gedompel ná die dood van die omgewingslegende Tommy Collard.
Hy is gisteroggend in Swakopmund dood ná ’n uitgerekte stryd met gesondheidskomplikasies weens ’n hartaanval. Collard, bekend vir sy omvattende kennis en passievolle voorspraak vir die Namibwoestyn, was die stigter van Tommy’s Tours & Safaris en die pionier van die gewilde Living Desert Tours.
Deur middel van dié toere het hy duisende besoekers aan die versteekte wonders van die Namib en sy unieke wildlewe bekend gestel, insluitend die “Little Five” – klein diertjies wat perfek aangepas het in die ongenaakbare woestynomgewing.
Living Desert Tours het in ’n verklaring gesê “hy sal onthou word vir sy buitengewone liefde vir die woestyn en sy wonderlike diere. Ons meegevoel gaan uit aan sy geliefdes, julle is in ons gedagtes en gebede. Hy sal verseker gemis word”.
Sy vrou, Kit, het op haar beurt die familie se hartseer verwoord en sy impak op plaaslike toerisme en bewaringspogings, veral langs die Namibiese kus, uitgelig.
“Ek het nie besef watter groot impak hy gehad het nie, maar nadat ek al die boodskappe gesien en van so baie mense gehoor het, is dit duidelik hy het ontelbare lewens aangeraak,” het sy aan Network Media Hub (NMH) gesê.
Chantelle Bosch, ’n nabye vriendin en kollega het geskryf: “Rus in vrede my mentor en vriend. Tommy Collard, jy het my soveel meer geleer as wat jy dink! Ek sal aanhou ander leer wat jy my geleer het.”
In nog ’n huldeblyk het die Swakopmund-raadslid Heinrich Hafeni van die Hafeni Tourism Group Collard as ’n “legende van Swakopmund-toerisme” beskryf en die rol erken wat hy gespeel het om Namibië se ervaring van die woestyn te verfyn.
Baie het hom ook onthou as ’n man vol energie, warmte en ’n onwrikbare toewyding tot bewaring.
“Wat ’n wonderlike mens was hy nie,” skryf Hanné Koster, terwyl Roxanne Reid sê “hy was so ’n lewendige mens met soveel fassinerende inligting om te deel”.
Tommy laat sy vrou en hul twee seuns, sowel as sy uitgebreide familie agter.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie