Koerantvrou Chrisna sterf
Chrisna Greeff, voormalige besturende direkteur van Democratic Media Holdings (DMH) en ook uitvoerende voorsitter van die Democratic Media Trust of Namibia, is vandag in Windhoek oorlede. Greeff was die dogter van Dirk Mudge wat Republikein op 1 Desember 1977 met dr. Jan Spies as stigtersredakteur gestig het.
Hiermee betuig Republikein hul opregte meegevoel met haar familie, vriende, oudkollegas en salueer haar ongelooflike bydrae tot die koerant en ook die Namibiese medialandskap.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie