• Tuisblad
  • Mense
  • ‘Kinders met downsindroom behoort in hoofstroomskole’
Inan Narib (12) het Saterdag die vyfde Namibiese Downsindroomdag terdeë geniet. Die Down Syndrome Association of Namiba bied dié dag aan met die doel om ouers en versorgers in te lig en om bewusmaking oor mense met downsindroom te skep. Lees die volledige berig op bl. 3.
Inan Narib (12) het Saterdag die vyfde Namibiese Downsindroomdag terdeë geniet. Die Down Syndrome Association of Namiba bied dié dag aan met die doel om ouers en versorgers in te lig en om bewusmaking oor mense met downsindroom te skep. Lees die volledige berig op bl. 3.

‘Kinders met downsindroom behoort in hoofstroomskole’

Tanja Bause
Mense het Saterdag die Down Syndrome Association of Namibia (DSAN) se jaarlikse pret- en bewusmakingsdag by die St George’s Diocesan School bygewoon.

Dr. Eline van der Linden, stigter van DSAN, het gesê die vereniging is vanjaar 10 jaar oud.

“Een van ons grootste mislukkings is dat nog nie al ons kinders in hoofstroomskole is nie. Al hierdie kinders het ’n reg tot onderwys. Dit is nie ’n geval van jy is gelukkig om in ’n skool te wees nie. Dit is nie ’n luuksheid nie, dit is ’n reg. Die inklusiewe onderwysbeleid is dieselfde jaar wat ons as organisasie begin het, van stapel gestuur en tot vandag toe word dit nie doeltreffend geïmplementeer nie. Baie skole is nie reg vir ons kinders nie en dus word hulle nie aanvaar nie. Skole vir kinders met spesiale behoeftes soos Môreson en Dagbreek bars uit hul nate en het lang waglyste. Ons kinders kan nie op ’n waglys wees as hulle in die skool moet kom nie. Die stryd is egter by verre nie verby of verlore nie.”

DSAN het ouers gehelp om vir regeringstoelaes te registreer.

“Dit is op die oomblik nie baie geld nie, maar vanaf die volgende finansiële jaar sal dit tot N$1 500 toeneem. Ons is baie dankbaar dat die regering besef het dat hulle ouers met spesiale kinders meer moet ondersteun.”

“Iets wat ons reggekry het, is om te verseker dat ons mense met downsindroom nie meer in die donker is nie. Ons het reggekry dat mense nie meer skaam vir hul kinders is nie. Ons het ’n gemeenskap geskep waar mense kan uitreik om hulp, as hulle vrae of raad benodig.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer