Is jy Namibië se vinnigste tikster?

Tanja Bause
Die soektog na Namibië se vinnigste tikster het begin en almal kan deelneem om dié titel in te palm.

The Document Warehouse en M-Files het sowat twee weke gelede die kompetisie van stapel gestuur en dusver het meer as 30 deelnemers geregistreer.

Volgende week Maandag tot Woensdag vanaf 07:30 tot 18:00 vind die uitdunrondtes by The Village in die Code Cave plaas.

Me. Janifar Scott, wat die uitdunrondtes behartig, sal ’n tydgleuf aan die deelnemers wat vooraf registreer, toeken.

“Mense was net gedurende die drie dae wil opdaag, is welkom om dit te doen. Hulle sal net moet wag tot daar plek vir hulle is. Dit is egter beter om vooraf by Janifar te registreer en ’n tyd en datum te kry. Die deelnemers kan dan net by die Code Cave opdaag en hoef nie te wag nie,” het me. Marilize Cohen van The Document Warehouse gesê.

Die ses vinnigste tiksters sal op Saterdag 2 Julie by The Village om die titel meeding. Die wenner ontvang ’n Samsung A22-selfoon.

Al die deelnemers sal dieselfde stuk in Engels moet tik.

Belangstellendes kan by [email protected] of 061 245588 registreer of die inskrywings vorm op https://forms.le/yT3LwW2LM8gb8hc37 aflaai. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-10-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer