In 'n strokiesheld se skoene

Henriette Lamprecht
Die lekkerste is om te sien hoe mense hulle fantasieë uitleef in die uitrustings van hul gunstelingkarakters en hoe elkeen sonder grense net hulself kan wees.

So sê Namibië se Barry de Klerk, alias The Movie Guy, wat vanjaar die uiters gewilde Comic Con in Kaapstad bygewoon het. Comic Con is 'n byeenkoms vir alles wat popkultuur behels, verduidelik Barry. Alles van flieks en televisiereekse tot boeke en kunswerke pronk by dié bonanza, terwyl straat- en tatoekunstenaars ook met hulle werk spog.

“Daar is iets van elke genre, maar die hooffokus is superhelde en hulle stories. ’n Groot fokus is ook op e-sport, met baie van ons vasteland se beste e-sport-atlete wat hulle debuut by Comic Con gemaak het,” vertel Barry.

Comic Con bied ook spesiale werkwinkels aan vir dié wat graag hulle video’s op die platforms YouTube en Twitch wil stroom. Die Kaapstadse Internasionale Animasiefees is vanjaar saam met Comic Con aangebied, met eersgenoemde wat fokus op dié wat graag hulle eie animasieflieks wil maak.

Barry het ’n paar van sy gunstelingkarakters soos Spider-Man, Iron Man en Loki by Comic Con raakgeloop. ’n Paar beroemdes soos Kat Graham van The Vampire Diaries, Ross Marquand van Avengers: Infinity War, Jason R. Moore van The Punisher en die Suid-Afrikaanse akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts het onder meer die fees bygewoon.

“Ek het dit as die ideale tyd beskou om my passie en drome uit te leef. Ek het ook gesien hoe dit mense byeenbring wat gewoonlik as die buitestanders van die samelewing beskou word,” sê Barry.

Sy gunstelingkarakter is Spider-Man, ofte wel Peter Parker, omdat hy baie van homself in dié karakter sien.

“Hy is iemand wat altyd voel hy moet die regte ding doen, maak nie saak hoe die situasie lyk nie. Hy is as 'n jong man in diepe waters gegooi en hy moes homself daar uittrek omdat hy nie ander mense wou belas nie. Hy het gevoel dit is sy verantwoordelikheid om 'n held te wees, maar terselfdertyd moes hy homself probeer help.”

HERINNERINGE

Sy liefde vir flieks kom al van van sy skooldae af.

“Ek was baie sieklik en kon dikwels nie skool toe gaan nie, so ek het maar flieks gekyk om die dae korter te maak. Ek het ook programme gekyk van wat agter die skerms gebeur - ek wou meer weet oor wat dit behels om 'n fliek te maak. Soos ek ouer geword het, het hierdie liefde gegroei en ek het uiteindelik besef watter groot impak rolprente op my lewe het!”

Herinneringe uit sy kinderdae is waar hy The Lion King, ’n gunsteling, op televisie gekyk het, asook baie aksieflieks saam met sy pa. Die ander is Jurassic Park, Spider-Man en The Godfather.

Barry is mal oor komedie en daar is vir hom niks lekkerder as om ná 'n lang, moeilike dag voor die televisie te sit en 'n bietjie te lag nie.

“Ek hou ook van 'n goeie drama wat 'n unieke storie kan vertel en natuurlik sal ek nie nee sê vir 'n aksiebelaaide fliek nie.”

The Movie Guy het as ‘n resensieblog begin, maar het in die laaste twee jaar aansienlik gegroei.

Barry maak nou YouTube- en TikTok-video’s waarin hy meer gesels oor verskillende karakters, popkultuurgeleenthede soos Comic Con, feite oor sekere flieks en televisieprogramme. Binnekort gaan hy ook meer op Afrikaanse vermaak fokus.

“My tyd by Comic Con het dit ook vir my moontlik gemaak om by die Suidoosterfees aan te sluit.”

Hy resenseer meestal rolprente en TV-programme beskikbaar op Netflix, DStv, Amazon Prime en ander stroomdienste asook soms rolprente wat in teaters draai.

“Ek sien myself as ’n gewone lid van die gehoor en nie ’n resensent nie.

“My fokus is op die storielyn. Ek kyk na die dinge waarvan die gewone mens sal hou.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.44 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 361.19/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.59/lb UP +0.66% | Zinc US$ 2 929.10/T UP 0.35% | Brent Crude Oil US$ 84.13/BBP DOWN -0.0063 | Platinum US$ 989.75/OZ UP +0.45% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.44 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 361.19/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.59/lb UP +0.66% | Zinc US$ 2 929.10/T UP 0.35% | Brent Crude Oil US$ 84.13/BBP DOWN -0.0063 | Platinum US$ 989.75/OZ UP +0.45%