Hou kop bo water met koeksisters
“Dit is nou al amper vier jaar wat my tuisnywerheid, Boebels Sweets Enterprises, ons koppe bo water hou. Met behulp van die besigheid staan ons nog en hoef ons niemand in die oë te kyk nie,” het Johanna Verster (56) van Swakopmund gesê.
Sy maak koeksisters, mosbeskuit en koekies wat haar man, Jan, elke dag voor Food Lover’s Market in Swakopmund verkoop.
“Ek sit elke dag om 24:00 die mosbolletjies in die panne sodat dit kan rys. Om 03:00 sit ek die panne in die oond en begin bak. Ek laai vir Jan om 08:00 af, maak die tafel mooi sodat hy die ware kan verkoop. Ek gaan terug huis toe en begin om 432 koeksisters te bak,” het sy gesê.
Johanna het met Boebels Sweets Enterprises begin toe sy haar werk tydens die Covid-19-pandemie verloor het.
“My man was reeds op pensioen toe ek afgelê is en dit is onmoontlik om werk op my ouderdom te kry. Ek het altyd koeksisters gebak soos ek tyd gekry het en toe ek my werk verloor het, moes ek aan ander maniere dink om ’n inkomste te genereer.
“Ek moes iets doen wat ons geldelik aan die gang kon hou, want om te leen, steel en bedel was nie ’n opsie nie. Ons glo jy moet werk vir dit wat jy wil hê.”
Die egpaar gebruik die geld wat hulle verdien om bestanddele te koop; water, elektristeit en die huis te betaal; en om kruideniersware te koop.
“Ons verkoop ons handewerk op ’n eerbare manier; ons bedel nie en ons vra niemand iets nie. Ons lewer ’n produk en hoop mense sal ons ondersteun wat hulle tot nou toe doen en ons is ontsettend dankbaar daarvoor.”
Johanna se ma het haar geleer om koeksisters te bak.
“Dit is my ma se resep en sy het nog tydens Covid op 81-jarige ouderdom saam met my in die kombuis gewerk.
“Wanneer ek ’n fout gemaak het, het sy my oor die vingers getik. Sy het elke dag gehelp totdat Covid sy slag geslaan het.”
Die Versters is dankbaar vir almal se ondersteuning en vir Food Lover’s Market Swakopmund wat hulle toelaat om hul lekkernye op hul perseel te verkoop.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie