Jenette Theron van die Hope-sentrum op Tsumeb saam met haar kinders. Foto verskaf
Jenette Theron van die Hope-sentrum op Tsumeb saam met haar kinders. Foto verskaf

Hoop en ’n tuiste vir kwesbare kinders

Tanja Bause
“Omdat hierdie kinders in my pleegsorg is, sal daar altyd ’n huis wees waarna hulle kan terugkeer wanneer hulle groot en uit die huis is. Soos my eie kinders, sal hulle altyd ’n tuiste hê waar hulle grootgeword het met hulle boeties en sussies,” het Jenette Theron van die Hope-sentrum op Tsumeb gesê.

Die Hope-inisiatief het in 2008 begin toe die apteker André Horn van Tsumeb begin het om kos aan straatkinders uit te deel. In 2012 het Jenette en haar man, ook Andre, Tsumeb toe getrek en die visie van Hope het uitgebrei na ’n permanente huis vir weerlose kinders. Vanaf 2012 was die Theron-egpaar die pleegouers van agt kinders.

“Andre is in 2021 oorlede en, soos elke dag, beleef ons uitdagings. Daar is goeie dae en soms baie uitdagende dae. Daar is soms dae wat my breek, maar meestal put ek vreugde uit dít wat ek doen,” het Jenette gesê.

“Die Here het hierdie roeping aan ons toevertrou. Hierdie is ’n hart- en geloofsaak. Ek het gekies om hierdie werk te doen. Ek glo dit is ’n Goddelike opdrag en ons lewensdoel.

“Elke kind – biologies, aangenome of in pleegsorg – het die reg om met respek behandel en versorg te word.”

Die kinders is almal tussen die ouderdomme van sewe en 18. Sewe van die kinders is al vanaf tweejarige ouderdom by die sentrum. Ses kinders is in die skool en twee ontvang tuisonderrig.

“Ons huis is soos enige ander huis in die land. Die ‘label’ van ‘kinderhuis’ bestaan nie, want ons kinders is deel van ’n gesinstruktuur. Hier probeer ons om in al hulle behoeftes te voorsien. Hulle het geen familie buite nie. Dis wat ons huis uniek maak.”

Die sentrum voorsien nog steeds honger mense van kos.

SEKELSELSIEKTE

“Een van ons seuntjies, die sewejarige Seebi, is met sekelselsiekte gediagnoseer. Hierdie is ’n ongelooflike pynlike siekte. Hy is op daaglikse medikasie om die pyn te verlig en hy moet ten minste twee maal per jaar ’n bloedoortapping ontvang wat sy lewenskwaliteit verbeter.”

Mense met sekelselsiekte se liggame vervaardig abnormale hemoglobien, wat veroorsaak dat hulle rooibloedselle hard en taai word en sekelvormig lyk. Die sekelselle sterf vroeg, wat ’n konstante tekort aan rooibloedselle in die liggaam veroorsaak.

WINKEL

Die sentrum het ook die Hope Charity Shop geopen, waar tweedehandse klere sowel as enige bruikbare tweedehandse items verkoop word.

Hierdeur kry die gemeenskap toegang tot bekostigbare klere en die Hope-sentrum se fondse kry ’n hupstoot. Die winkel is skuins oorkant die Tsumeb Apteek in die hoofstraat geleë.

“Indien enige persoon klere het om te skenk, sal dit waardeer word. Ons kan reël dat die klere op enige plek landswyd opgetel word. Soos enige ander huis het ons huis ook sy uitgawes, soos medikasie, elektrisiteit, petrol, kruideniersware, klere en die mediese fonds,” sê Jenette. Hulle oudste dogter is volgende jaar in matriek, waarna sy verder wil gaan studeer. Haar studies vorentoe gaan dus ’n verdere uitgawe vir Hope wees.

TOEKOMS

“Elke kind is uniek en om God se lewe en lig in elkeen te sien, is so spesiaal. My hartswens is dat elkeen se biologiese ouers deel kon wees van hierdie reis.”

Hulle kom uit ’n gebroke plek en vandag is daar ’n toekoms vir elkeen, sê Jenette.

Indien enigiemand betrokke wil raak, kan Jenette by 081 450 8705 gekontak word of via e-pos by [email protected].

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.75 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 362.00/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.90/lb UP +0.55% | Zinc US$ 3 018.30/T UP 0.9% | Brent Crude Oil US$ 82.31/BBP DOWN -0.0103 | Platinum US$ 1 042.16/OZ DOWN -0.0015 Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.75 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 362.00/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.90/lb UP +0.55% | Zinc US$ 3 018.30/T UP 0.9% | Brent Crude Oil US$ 82.31/BBP DOWN -0.0103 | Platinum US$ 1 042.16/OZ DOWN -0.0015