Hansie Slim is vol van moed

Tanja Bause
Hansie Slim, ’n skaap van Mariental, het drie besonderse vriende. Hulle is die rifrughonde, Shumtani King of Troy en Sally, en dan is daar nog die Jack Russel, Blue.

Dié vier en hul mensmaatjie, Anorey van der Merwe, is onafskeidbaar. Waar die een gaan, gaan die ander.

Natasha en Paul van der Merwe, Hansie Slim se eienaars, het hom op die plaas Lauestein sowat 60 kilometer buite Mariental gevind. Die egpaar huur die plaas en is tans besig om soontoe te trek. Hulle het vir Hansie in die veld gevind toe hy ’n paar dae oud was en vermoedelik sy ma verloor het.

“Hy was baie swak toe ons hom gevind het. Hy kon nie bottel drink nie omdat die son sy lippe en tong verbrand het. Hy het die eerste 24 uur bietjie melk uit ’n bakkie gedrink. Hansie het stadig maar seker sterker en sterker geword en begin om uit ’n bottel te drink. Vandag is hy groot en gesond,” het Natasha gesê.

Troy kom van die Shumtani Ridgebacks in Suid-Afrika.

“Troy se ouers is twee ingevoerde honde. Sy pa, Flaming Ace by Luanda, is vanaf Slowakye en sy ma, Ava, is van Finland afkomstig. Ons het hom gekry toe hy nege weke oud was.

“Hy was die enigste reun in Ava en Ace se eerste werpsel. Ons het nog ’n Ridgeback Sally en dan ook vir Blue ons Jack Russel. Ons diere is deel van ons familie. Ek bring gedurig diere huis toe wat aandag en versorging nodig het en hulle aanvaar die diere baie maklik.

“So ook vir Hansie en hy word selfs deur hulle beskerm. Hansie slaap by die honde in die nag en wanneer hulle blaf dan hardloop hy met ’n harde ‘baaaaaaa’ agter hulle aan.”

Paul is ’n lugvaarttegnikus vir vliegtuie en helikopters en hy doen kontrakwerk op Oranjemund.

“Wanneer hy vir die hele maand op Oranjemund moet gaan werk, dan gaan ons as ’n gesin saam met hom. Dit sluit natuurlik al die honde en Hansie ook in.

“Ons het in Januarie weer soontoe gegaan en ek het ’n video van ons diere in die duine van Oranjemund geneem. Die video is op Shumtani Ridgebacks se Facebookblad gedeel en het baie aandag geniet.

“Toe ek laas gekyk het, was daar 353 kommentare, die video is 946 keer gedeel en 186 000 keer gekyk. Van die kommentare was, ‘So oulik. Net in Namibië’ en ‘Pragtig. Net Namibië het sulke unieke mense’.

“Dit was wonderlik dat mense die video gekyk en onmiddellik met Namibië en sy mense geassosieer het.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!