Glen tokkel die konsertina
“Die hoogtepunt in my lewe was toe ek verlede jaar in Leonie Pelteret se sitkamer in Worcester in die Kaap gesit en saam met haar die konsertina gespeel het.
“Sy het die liedjie ‘Amabokke Back in Town’ vir die Bokke geskryf en ek het die konsertinasnit gedoen. Ons het daar, in haar sitkamer, ons konsertinas gegryp en saam musiek gemaak en dit was net te wonderlik,” het Glen Lawrence Pearce (34), ’n konsertinaspeler van Oranjemund, gesê.
Glen is op Keetmanshoop gebore, maar twee weke ná sy geboorte het sy pa werk in Oranjemund gekry en die familie het soontoe getrek.
Hy het daar grootgeword en skoolgegaan. Hy het matriek in Alexanderbaai in Suid-Afrika geskryf.
“Ek was eers in die hoërskool op Springbok. Een van my skoolmaats se pa was ’n bekende musikant wat my onder sy vlerk wou neem. Hy het vir oom Willie Nelson in Alexanderbaai gekontak en hom vertel van die jong man wat konsertina wil leer speel. Oom Willie het gesê hy moet my uitlos, hy sal my leer.”
Glen het sy matriek in Alexanderbaai geskryf en opleiding van Oom Willie ontvang. Hy het ook in Oom Willie se orkes, Die Vyf Namakwalanders, gespeel totdat die orkes uitmekaar is aangesien die orkeslede afgetree en verhuis het.
Hy werk vir die afgelope 10 jaar vir Namdeb en speel van tyd tot tyd vir die Suidwes Boere-orkes van Rosh Pinah.
“Dan is daar die Ramkatte in Lüderitz wat my onlangs ook genader het om saam met hulle te speel. Ons het ook ’n Christelike orkes hier in Oranjemund. Dan werk ek ook saam met die Kaapse Affodille.”
KONSERTINA
“Die konsertina is my gunsteling-instrument hoewel ek ook die trekklavier speel. My oupa het konsertina gespeel en ek het een van sy instrumente geërf.
“Hulle het ’n orkes gehad wat uit familielede bestaan het en my oupa het die konsertina gespeel. My ooms het kitaar en trekklavier gespeel. My ma was ook baie lief vir boeremusiek en wanneer hulle op die televisie die groot boeremusiek-kompetisies uitgesaai het, het ons dit gekyk. Dit is waar die liefde vir die musiek, en natuurlik die konsertina, op ’n baie jong ouderdom begin het.”
Glen besit sy oupa se konsertina wat in 1953 gebou is. Hy het ook nog twee ander Engelse konsertinas en drie boerekonsertinas waaroor hy ewe mal is.
“Die kultuur sal nie uitsterf nie, dit sal aangaan; daar is geen twyfel daaraan nie. Die mense wat talent het, moet net na vore tree en nie hulle talent begrawe nie.
“Sit die foon neer en raak betrokke by musiek. Kom uit en leer mense ken en maak vriende, gesels. Leer om ’n instrument te speel. Luister na musiek en speel dit. Dit is wat ek gedoen het. Ek kan nie note lees nie en het geen teoretiese agtergrond nie. Ek speel alles op gehoor.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie