#GEINGOB #PAS IN: NSA: 'Elkeen tel'
Die raad, bestuur en personeel van die Namibië Statistiekagentskap (NSA) het in 'n verklaring hul simpatie met president Hage Geingob se geliefdes en die land betuig ná sy dood vroeg vanoggend in 'n plaaslike hospitaal.
"In hierdie tyd van ongelooflike verlies en hartseer sluit ons by die nasie aan wat rou oor 'n leier wat hom onvermoeid beywer het vir die beginsel dat elke persoon tel en dat niemand moet agterbly nie.
"President Geingob se nalatenskap is een van inklusiwiteit, deernis en 'n verbintenis tot die welstand van elke inwoner. Sy toewyding om 'n gemeenskap te skep waar elke individu waarde het, het 'n onuitwisbare indruk op die harte van die mense gemaak."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie