Fürniss-broers loop oor van talent

Nikolai en Emil maak golwe in mode- en musiekbedryf
Een is 'n gesogte model wat in die internasionale modehoofstad Milaan woon en gereeld op loopplanke en in tydskrifte pryk, die ander 'n musikant en komponis wat sy eie, unieke wysies skep eerder as om giere te volg. Die Fürniss-broers het hope talent, maar bly plat op die aarde en stewig in ma Melanie se hart.
Henriette Lamprecht
*‘My kaalvoetkind met die sonskynhart’*

Sy eerste buiging as model was in 2015 in ’n advertensie vir Element-water vir ’n Suid-Afrikaanse maatskappy. Vandag woon die oud-Namibiër en destydse leerling van die Deutsche Höhere Privatschule (DHPS) in Windhoek permanent in die wêreld se modehoofstad, Milaan in Italië, waar hy gereeld op onder meer loopplanke pronk. Nikolai Fürniss het al vir byna 100 handelsmerke en kliënte oor die laaste paar jaar gewerk en sluit in Roberto Cavalli, Woolrich, Marlboro en Moncler. Buiten vir modevertonings en bemarkingsveldtogte in die buiteland is Nikolai op tuisbodem bekend vir die Nakara-veldtog, Namibwear en die Face of Stellies-veldtog in Suid-Afrika. Onlangs is hy ook aangewys as die gesig van die BATA SS24-winterversameling.

Haar kaalvoetkind met ’n sonskynhart is absoluut die teenoorgestelde persoon van die indruk wat sy modelloopbaan dalk skep, vertel sy trotse ma, Melanie.

“Hy is die gelukkigste by die huis, sonder skoene en doodnormale, gemaklike klere. Hy waardeer tyd met sy familie en in die buitelug besonders baie! Nikolai het mooi lewenswaardes en ’n gesonde, positiewe uitkyk op die lewe,” vertel sy.

Volgens haar fokus haar oudste seun tans permanent op modelwerk, maar beplan om aanstaande jaar ’n verandering te maak en die rolprentbedryf te betree.

“Hy het nog altyd ’n groot belangstelling in toneelspel en die rolprentbedryf gehad en wil graag sy loopbaan in hierdie rigting neem.”

Nikolai geniet dit vreeslik baie om Italië plat te reis vir die verskillende projekte waarby hy betrokke is, sê sy, maar ten spyte van die soms uitputtende leefstyl handhaaf hy steeds ’n baie streng roetine van gesond eet en oefen.

Haar oudste was nog altyd aktief en lief vir een of ander sportuitdaging – van BMX, inlynskaatshokkie tot motorfietsry. Van kleins af het die branders en branderplankry hom geboei en wanneer hy meer “stil” raak, speel hy ook graag klavier en kitaar.

“Terwyl hy nog ’n jong seun was, het ons twee dit baie geniet om saam te gaan draf. ’n Baie spesiale tyd van die dag was om saans ’n koppie tee saam te drink – mamma-en-seun-oomblikkies!”

Nikolai was van kleins af ’n baie verantwoordelike kind en het sterk leierseienskappe gehad en het sy rol as oudste kind en broer met sy hele hart uitgeleef, vertel Melanie.

Tydens sy studies op Stellenbosch het hy as ’n ekstra op die stel van ’n internasionale produksie (die tweede seisoen van Dominion) in die Kaap gewerk om ekstra sakgeld te verdien. Die produksiekoördineerder wat ook in die modelbedryf was, het hom genader en gesê hy wil hom graag voorstel aan ’n modelagentskap in die Kaap. Nikolai het by sy hoofagentskap beland en het tydens sy studies as model ondervinding begin opdoen. In sy finale jaar is hy deur ’n internasionale model-talentsoeker genooi om aan ’n oudisie deel te neem. Kort daarna het sy agent laat weet hy is uit almal gekies om Milaan toe te gaan. Nikolai het egter eers sy studies voltooi en direk nadat hy graad gevang het, Milaan sy nuwe tuiste gemaak vir sy buiging op die internasionale modeverhoog.

*Eie wysies en woorde en ’n rap-konsert op ses*

Nikolai se broer, Emil, is letterlik as musikant gebore, vertel Melanie. Tydens haar swangerskap het sy klasse in klassieke klavier bygewoon en met elke verkeerde of vals noot wat sy gespeel het, sou hy begin skop.

“Dit was ongelooflik om sy reaksie so te beleef!”

Emil het grootgeword met ’n verskeidenheid musiekinstrumente en ’n baie sterk invloed van verskillende musiekgenres waaronder klassieke musiek, jazz, blues en rock. Hy het ook ’n groot familie in Duitsland wat almal baie musikaal is, terwyl sy pa self verskeie instrumente bespeel.

“Emil was van kleins af elke dag omring deur musiek en het absoluut die passie en liefde daarvoor uitgeleef. Van jongs af kon ons sien dat hy ’n ‘fyn oor’ het vir verskeie samestellings van melodieë en note. As ’n klein kind het hy sy eie wysies en woorde gekomponeer en sy eerste ‘rap’-konsert op ses jaar gehou!” spog Melanie.

Op die ouderdom van sewe het Emil onderrig in fluit en tromboon by ’n bekende Noorse trombonis ontvang. Verder het hy homself leer klavier speel en sy pa het hom kitaar leer speel.

“Hulle twee geniet dit so om saam musiek te maak.”

Ook op die kitaar het Emil sy eie melodieë gekomponeer en volgens Melanie het hy ’n “ongelooflike, natuurlike aanvoeling” vir musiek en kry hy baie vinnig ’n nuwe stuk onder die knie.

Een van haar gunsteling-klavierstukke wat Emil homself geleer het, is “Comptine d'un autre été (Amélie)” van Yann Tiersen en “River Flows in You” van Jiruma.

Hy komponeer en skryf sy eie musiek en lirieke en is vaardig in drie tale, naamlik Duits, Afrikaans en Engels. Hy put inspirasie uit sy multikulturele agtergrond en veral van menslike, emosionele ervarings – hetsy positief of negatief.

“Sy lirieke skryf hy uit die hart. Dit is eg en gebaseer op ware emosies, dit is nie gemik op enige ‘trends’ nie, maar eerder ware gevoelens.”

Emil se opregte lirieke en unieke samevoeging van melodieë vind aanklik by aanhangers van verskillende ouderdomme en agtergronde, vertel Melanie.

“Terwyl hy die menslike ervarings so verken, behou hy terselftertyd ’n positiewe uitkyk op die lewe.”

Volgens haar “gebeur” Emil se kreatiewe oomblikke vir lirieke gewoonlik laat saans of heeltemal onvoorspelbaar in die middel van ’n wiskundeklas! Terwyl hy skryf, is hy baie gefokus en verkies om alleen te wees sonder om gesteur te word.

Emil is ’n solomusikant en hoewel hy nie deel is van ’n groep nie, geniet hy dit om af en toe saam met een op te tree. Sy musiek het aanvanklik begin met hip-hop en emo rap, maar het oor die laaste paar jaar ’n metamorfose ondergaan na ’n unieke kombinasie van hip-hop, indie rock, R&B en popmusiek.

Melanie vertel hy het reeds 12 musiekvideo’s vrygestel en verskeie verhoogoptredes in Namibië en Suid-Afrika gehad. Met van die kunstenaars saam met wie hy al gewerk het en wat sy musiekvisie deel, het Emil ook besonderse vriendskappe opgebou.

“Hy is aktief betrokke by elke aspek van sy musiekvideo’s se kreatiewe prosesse danksy sy groot passie vir die visuele kunste, neem deel aan die skryf van draaiboeke en hou ook sy lyf akteur.”

Emil is tans ’n eerstejaarstudent in BCom aan die Universiteit van Stellenbosch en sal sy musiekloopbaan vir die volgende paar jaar in Suid-Afrika en Namibië hou, sê Melanie. Die hoop is dan om verdere studies in die buiteland en wel Duitsland aan te pak en hopelik hier ook ’n voet in die deur van die musiekbedryf te kry.

“Tans is hy besig om tussen sy studies deur sy kennis oor sakebestuur op te skerp en sodoende sy eie onafhanlike ‘platemaatskappy ’te ontwikkel. Maar vir nou is sy eerste prioriteit sy studies, alhoewel hy eerder net musiek wil maak!”

Emil stel vanjaar nog twee musiekvideo’s van sy komposisies vry.

“Een is heel romanties met ’n pragtige kombinasie van Duitse en Engelse lirieke. Teen Desember volg nog een wat ’n unieke samevoeging van indie rock, pop en rap is – met ’n aansteeklike energie.”

Emil se musiek is op alle musiekstromingsplatforms soos Spotify, Apple Music en YouTube beskikbaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%