Een man se reis vir geregtigheid

Verloor alles tydens grondgrype in Zimbabwe
Die doel van Ben Freeth se reis is om bewustheid te skep oor die noodsaaklikheid dat die SADC-tribunaal in Zimbabwe moet heropen, asook vir menseregte om gerespekteer te word.
Tanja Bause
“Ek is elke dag verstom oor die vrygewigheid en openhartige gasvryheid van al die Namibiese boere langs die roete. Dit is werklik verstommend. Daar word aan elke detail gedink en alles is noukeurig beplan en vooruit uitgewerk.

“Ek het gedink die deel van my reis sal die moeilikste wees – nou kan ek net sê die deel is geseënd. God is duidelik onder so baie van julle. Mag Sy goedheid en liefde in ons groei. Mag Sy Geregtigheid oor ons almal heers.”

So het Ben Freeth – wat per perd vanaf Zimbabwe tot by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se tribunaal in Windhoek ry – gesê oor die hulp wat hy van boere en mense kry sedert hy Namibië by Katima Mulilo se grens binnegekom het.

Ben, die uitvoerende direkteur van die Mike Campbell-stigting, het op 28 November 2023 sy “reis vir geregtigheid” in sentraal-Zimbabwe begin.

AGTERGROND

Die plaas Mount Carmel was die grootste produsent van mango’s in Zimbabwe, hulle het ook katoen en tabak aangeplant.

Die plaas het ook met ’n linnefabriek en lodge gespog en het meer as 500 Zimbabwiërs in diens gehad.

Ná ’n hofbevel is die plaas binnegeval en die huise afgebrand, insluitend die werkers se huise. Die oeste is vernietig en die diere is vrekgemaak.

Ben, sy vrou, skoonpa en skoonma is ontvoer en geslaan. Sy skoonpa, Mike Campbell, is twee jaar later weens komplikasies van sy beserings dood.

Ben het die Mike Campbell-stigting ter ere van hom gestig; die stigting fokus daarop om geregtigheid, die reg en menseregte in Zimbabwe te herstel.

Die doel van sy reis is om bewustheid te skep oor die noodsaaklikheid dat die SADC-tribunaal in Zimbabwe moet heropen, asook vir menseregte om gerespekteer te word.

Ben en Mike het oudpresident Robert Mugabe na die SADC-tribunaal se menseregtehof geneem oor sy regering se chaotiese en wrede program om grond te gryp.

“Dit was by die SADC-tribunaal in Windhoek op 28 November 2008 waar ’n historiese uitspraak gelewer is wat ons toegelaat het om op die plaas te bly.

“Ongelukkig het die Zimbabwiese regering die uitspraak verontagsaam. Die baie produktiewe plaas is nou in puin, soos soveel ander. Ná die uitspraak het Mugabe die SADC-tribunaal effektief afgetakel,” het Ben gesê.

“Hierdie lang reis is om bewusmaking te skep oor die noodsaaklikheid om regters aan te stel sodat die SADC-tribunaal kan voortgaan om te funksioneer, soos dit moet.

“Ons het almal individuele eiendomsreg en geregtigheid nodig vir die byna 400 miljoen mense in Suider-Afrika. Wanneer onreg heers, is daar net vernietiging en ondergang wat volg. Almal het geregtigheid nodig waar ons almal gelyke burgers is, gelyk behandel word voor die reg, of ons nou ryk of arm, of swart of wit, of oud of jonk is,” het Ben gesê.

NAMIBIë

Nadat Ben en sy perd Tsedeq sowat 800 kilometer na die grens gery het, het hy vir dr. Ian Baines gekontak om uit te vind of hy sy perd in Namibië kan inbring.

Hy is aangeraai om eerder ’n muil in Namibië te kry. Die wiele is aan die rol gesit en dr. Telane Greyling het met ’n muil uit die suide van Namibië vertrek om vir Ben te neem.

Ben en Nikato het ’n verdere 400 kilometer deur die Zambezistreek afgelê met Telane as ondersteuning.

Volgens Jorie Oosthuizen, ’n boer wat 60 kilometer saam met Ben gery het, raak ’n muil baie eensaam as daar nie ander perde of muile naby hom is nie.

“Nikato het drie keer omgedraai en terug Katima toe gehardloop. Ben moes hom agterna sit – die laaste keer het hy is sowat 30 kilometer weggehardloop. Ons moes ’n ander plan maak,” het hy gesê.

Telane het vir Megan Wiese van Chahanic Stud and Safaris gekontak.

“Sy het vir Stardust Rundu toe gevat en hulle twee het die volgende kilometers aangepak. Telane het vir Ben by die Mururani-hek gegroet,” het Megan gesê.

Telane het sy bagasie tot by die hek vervoer asook kos en water vir Stardust.

“Ben het net gevra vir water vir sy perd. Hy sou sy eie waterbottel vol maak, sy bietjie bagasie en kos vervoer. Ek het die WhatsApp-groep begin en vir water vir die perd gevra, maar in die ware Namibiese gees en soos ons mense is, het die boere op sy roete tot aksie oorgegaan.

“Hulle ry water vir hom aan, los water langs die pad, bring middagete vir hom, bied slaapplek en kos vir hom aan. Hulle was selfs sy klere. Ben wou net soos hy al die pad gedoen het langs die perd kamp, nou slaap hy in ’n bed,” het Megan gesê.

Ná sowat 150 kilometer het Stardust se voete begin seer word en Johan Luttig het Ben langs die pad gekry en Johnny vir hom aangebied waarmee hy hopelik tot in Windhoek sal kan ry.

“Ek is in trane elke keer wanneer ek aan die boeregemeenskap dink en hoe hulle eenvoudig net help en gee. Ben inspireer so baie mense om vrygewig en vriendelik te wees en dit is net aansteeklik. Sy gees bring almal bymekaar,” het Megan gesê.

Johan is Jorie se skoonpa en nadat Jorie van Ben en sy reis gehoor het, het hy en ’n paar vriende hulle perde opgesaal en vir Ben op die Rundu-pad ontmoet.

“Ons het saam met hom deur Grootfontein en nog ’n ent verder gery. Die ander het toe teruggedraai en ek het verder saam met hom tot amper in Kombat gery,” het Jorie gesê.

“Ben se saak lê talle boere na aan die hart, en waarvoor hy baklei is ons almal se saak.

Hy baklei vir wat reg en wat verkeerd is, wat waarheid en wat ’n leuen is. Hy baklei vir eiendomsreg en dat elke persoon ongeag van wie of wat jy is, die reg het om eiendom te besit en die regering jou moet beskerm.”

“Terwyl ons so gery het, het ek besef hy is ’n diep gelowige mens en dat hy dit uit geloof doen. Hy doen dit vir alle Zimbabwiërs ongeag van hulle taal of kleur wat deur die grondgrype geraak is,” het Jorie gesê.

Ben wil op 18 Maart in Windhoek tot by die SADC-tribunaal ry.

Talle boere en perde-eienaars het reeds gesê dat hulle hom op dié dag sal begelei ter ondersteuning van sy saak en vir geregtigheid.

“Dankie vir julle solidariteit. Mag 18 Maart ’n wonderlike en geskiedkundige dag wees wanneer ons Windhoek binnery op pad na die SADC-tribunaal en bid en werk vir die herinstelling van dié tribunaal – en vir geregtigheid vir almal.

“As iemand ’n perd het, sal ek graag wil hê dat jy op 18 Maart by my sal aansluit in die lot van Zimbabwiese boere en hul werkers en ander slagoffers van onreg,” het Ben gesê.

Ben huur tans ’n plaas by ’n Zimbabwiër waar hy met beeste boer en Zimbabwiërs deur die Mike Campbell-stigting help en ondersteun.

Thys de Vries, ’n boer van Zimbabwe, het op die WhatsApp-groep “Ben Ride for Justice” die volgende geplaas: “Hallo Ben en al die pragtige mense van Namibië. Ben, jou gesin en jyself het soveel van julle tyd gegee en staan aan die regte kant van geregtigheid vir ons almal. Ek en my gesin en die Zimbabwiese ontheemde titelaktehouers wat oor die hele wêreld versprei is wat ons eiendomme verloor het, soos jy en jou gesin ook het, dank jou uit die diepte van ons harte dat jy ons saak weer in die kollig bring en op te staan vir wat reg is. Bly sterk en veilig.

“Aan al die Namibiërs wat julle tyd, huise, waterdrinkplekke, perde en yskaste vir Ben en sy perd oopstel met sy lang afstand vir geregtigheid, ons van Zimbabwe sê baie baie dankie. Julle gasvryheid, hulp en begeleiding maak my trots om boerebloed te hê wat deur my hart en are pomp.

“God se seën vir al julle mense wes van ons, julle is ongelooflik.”

Mense wat sy roete wil volg of by hom wil aansluit, kan deel van die WhatsApp-groep https://chat.whatsapp.com/GcuCvsIfcRPGVtuTNwBHAM word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool LaLiga: Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 14° | 31° Rundu: 14° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 17° | 31° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:27, High tide: 06:24, Low Tide: 01:00, High tide: 19:07 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 13km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:22, Low Tide: 00:58, High tide: 19:05 Walvis Bay: 17° | 27° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:21, Low Tide: 00:58, High tide: 19:04 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 22° | 34° Oranjemund: 17° | 26° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 16° | 29° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 15° | 20° Durban: 19° | 32° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 11° | 26° Currency: GBP to NAD 23.36 | EUR to NAD 19.98 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.67 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1355 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26011.28 Up +5.57% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.89/OZ DOWN -0.0014 | Copper US$ 4.59/lb UP +1.02% | Zinc US$ 2 939.60/T UP 2.71% | Brent Crude Oil US$ 87.91/BBP DOWN -0.0118 | Platinum US$ 945.28/OZ UP +3.48% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool LaLiga: Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 14° | 31° Rundu: 14° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 17° | 31° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:27, High tide: 06:24, Low Tide: 01:00, High tide: 19:07 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 13km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:22, Low Tide: 00:58, High tide: 19:05 Walvis Bay: 17° | 27° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:21, Low Tide: 00:58, High tide: 19:04 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 22° | 34° Oranjemund: 17° | 26° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 16° | 29° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 15° | 20° Durban: 19° | 32° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 11° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.36 | EUR to NAD 19.98 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.67 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1355 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26011.28 Up +5.57% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.89/OZ DOWN -0.0014 | Copper US$ 4.59/lb UP +1.02% | Zinc US$ 2 939.60/T UP 2.71% | Brent Crude Oil US$ 87.91/BBP DOWN -0.0118 | Platinum US$ 945.28/OZ UP +3.48%