Deurwinterde diplomaat se memoir meesleurend

Riaan Eksteen vertel sy lewenstorie
In Beyond Diplomacy kry die leser 'n intieme blik op die lewe van een van Suider-Afrika se bekendste diplomate.
Ronelle Rademeyer
Riaan (Koedoe) Eksteen, wat pas 80 geword het, se diplomatieke loopbaan strek oor 58 jaar – van Hendrik Verwoerd tot Nelson Mandela en daarna.

As professionele diplomaat het hy Suid-Afrika in Washington DC verteenwoordig, by die Verenigde Nasies (VN) in New York asook by die (VN) in Genève.

Vir 20 van die 58 jaar was hy ten nouste met die Namibiese vraagstuk gemoeid.

In Beyond Diplomacy deel hy vir die eerste keer sy lewensverhaal in sy eie woorde. Dit span sy lewens- en loopbaanoorgange oor meer as vyf dekades.

Eksteen was in sy tyd Suid-Afrika se jongste ambassadeur, het later aan die stuur gestaan van uitsaaiwese in Suid-Afrika, hy het verskeie presidensiële veranderinge beleef, en was voor en ná onafhanklikwording intiem by Namibië se politiek betrokke – die land waar hy hom met sy aftrede kom vestig het en waar hy steeds woon.

Eksteen het op 78 sy doktorsgraad verwerf en is steeds navorsingskrywer van artikels oor politieke wetenskap en internasionale politiek. Hy bied gereeld lesings in die buiteland aan.

Sy boek The Role of the Highest Courts of the United States of America and South Africa, and the European Court of Justice in Foreign Affairs wat op sy doktorale tesis gegrond is, verskyn in 2020.

Hy beskryf in sy memoir die deurslaggewende oomblikke in sy loopbaan wat die verskil gemaak het.

Oor die Suidwes-Afrika-kwessie skryf hy: “In al daardie tyd was dit Suid-Afrika se vernaamste internasionale bekommernis en die fokus van sy buitelandse beleid. Ek was aan die voorpunt van daardie beleid teenwoordig. Hierdie las van baie dekades is verlig omtrent dieselfde tyd toe Suid-Afrika uitbeweeg het onder die wolk van apartheid wat die internasionale diskoers voortdurend versuur het.

“In al my jare as diplomaat was ek vasbeslote om nie op te tree of gesien te word as ’n apologeet vir die regering nie. Dit was die belangrikste om as ’n betroubare gespreksgenoot op te tree en altyd geloofwaardig te bly,” skryf hy.

Eksteen sê aan Republikein dit was nie die bedoeling om sy lewe vanaf sy geboorte vir die volgende 80 jaar “te katalogiseer” nie.

“Beyond Diplomacy is nie ’n hou-vir-hou-relaas van my loopbane of ’n egotistiese reis nie.

“Dit beskryf my lewenslange ervarings en hoe ek dit teëgekom en beleef het. Die doel was om na te dink oor sommige van die gebeure wat ek gelukkig was om van naby waar te neem, of waarby hy bevoorreg was om by betrokke te wees. In sommige hiervan het ek ’n besondere uitkykpunt beklee,” sê Eksteen.

Sy ervarings en betrokkenheid by Suid-Afrika se diplomasie het oor ’n tydperk van 27 jaar gestrek. Hy het sy loopbaan begin toe Hendrik Verwoerd eerste minister was.

Daarna het hy gedien onder en ambassadeursaanstellings ontvang van John Vorster, PW Botha, FW de Klerk en Nelson Mandela.

Vir 20 van die 27 jaar het hy die Namibiese vraagstuk op kort afstand hanteer. In al daardie tyd was dit Suid-Afrika se vernaamste internasionale bekommernis en die fokus van sy buitelandse beleid.

Die leser kry ’n intieme blik op gebeure wat tot dusver nie openbaar is nie, of dit word binne nuwe konteks geplaas.

Hy beskou sy vyf jaar by die SAUK as ’n buitengewone ervaring met baie hoogtepunte en groot prestasies, ondanks PW Botha se gedrag wat hy as “wispelturig” beskou en aan onderonsies tussen hulle toeskryf.

In die laat 1980’s was hy ’n politieke konsultant by die Johannesburgse Effektebeurs, wat hom die geleentheid gebied het om aan senior korporatiewe kliënte die belangrikheid van internasionale gebeure en die gevolglike impak daarvan op Suid-Afrika te verduidelik.

Sy terugkeer na die diplomatieke diens, in die vorm van 20 maande as Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Namibië ná onafhanklikwording, was toevallig.

Eksteen se verplasing na die VN en sy gespesialiseerde agentskappe in Genève op versoek van mnr. Mandela in 1991 was om te fokus op die sosioëkonomiese voordele wat Suid-Afrika daaruit kon begin trek.

Daarna skuif hy na Turkye, met bykomende diplomatieke akkreditasie in Azerbeidjan, Kirgistan, Turkmenistan en Oesbekistan. Dit het volgens hom verskillende uitdagings gebied.

Ton Vosloo, redakteur, uitgewer en voormalige voorsitter van Naspers, sê in sy voorwoord Beyond Diplomacy is ’n insiggewende boek oor ’n uiters belangrike tyd in Suid-Afrika se moderne geskiedenis.

Ná sy diplomatieke loopbaan stel sy ervaring in internasionale betrekkinge en sy kennis van internasionale aangeleenthede hom in staat gestel om gesaghebbende leiding aan verskeie plaaslike en internasionale maatskappye te bied in hul pogings om die politieke klimaat wat in Suider-Afrikaanse state heers, suksesvol te begryp.

Eksteen is in Junie vanjaar benoem tot lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Hy is tans ook is senior navorsingsgenoot in die kantoor van die dekaan van geesteswetenskappe van die Universiteit van Johannesburg.

*Uitgegee deur Protea, N$495. Beskikbaar in Windhoek by Namibia Book Market en in Swakopmund by Swakopmunder Buchhandlung en Die Muschel.

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.34 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 370.69/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.86/lb DOWN -0.0045 | Zinc US$ 2 986.50/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 82.15/BBP DOWN -0.0123 | Platinum US$ 1 050.10/OZ UP +0.61% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.34 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 370.69/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.86/lb DOWN -0.0045 | Zinc US$ 2 986.50/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 82.15/BBP DOWN -0.0123 | Platinum US$ 1 050.10/OZ UP +0.61%