CLaSH sluit sy deure
Nuwe trust gestig
Die organisasie het hulp aan kinders met gehoorgestremdhede vir 32 jaar gegee.
Ná 32 jaar as ’n welsynsorganisasie het die Vereniging vir Kinders met Taal-, Spraak- en Gehoorgestremdhede in Namibië (CLaSH) sy deure gesluit.
’n Nuwe entiteit, die CLaSH Trust, is gestig om hoofsaaklik met die ondersteuning van CLaSH se eenheid vir vroeë kinderontwikkeling (ECD) voort te gaan.
Volgens me. Heide Beinhauer, voormalige direkteur van die organisasie en nou werksaam by die trust, sal die trust aanhou om by opleiding van gehoorgestremdes – veral vroeë opleiding – betrokke te wees.
“Ons het in 2019 die ECD aan die ministerie vir onderwys oorhandig, maar ons betaal nog die salaris vir twee onderwysers. Ons betaal vir die kinders se vervoer na die skool en gee hulle ook elke dag ’n voedsame maaltyd. Ons sal dit doen vir solank as wat die trust dit kan bekostig.”
DIE BEGINDAE EN GROEI
In 1989 het ’n vrou van Namibië wie se seun sy gehoor verloor het nadat hy breinvliesontsteking gehad het, Duitsland toe gegaan vir hulp. Sy het in kontak getree met Beinhauer, ’n onderwyser wat gespesialiseer het in kinders met gehoor- en spraakgestremdhede.
Beinhauer sou vir ’n jaar lank Namibië toe kom om die vrou se seun te help.
“Ons het gou agtergekom daar is vele kinders met gehoor- en spraakgestremdhede wat hulp nodig het. Daar was daardie tyd nie regtig ’n persoon in Namibië met die gespesialiseerde agtergrond in Namibië nie. Ons het CLaSH dieselfde jaar gestig om ouers ’n stem vir hul kinders te gee, om hulle te bemagtig en hul situasie te verbeter.”
Hulle het in die sitkamers van sulke ouers bymekaargekom en op die naam besluit omdat die afkorting CLaSH baie sin gemaak het.
“Mense wat gehoorgestremd is, ‘clash’ inderdaad met die horende gemeenskap. Ons was daar om brûe tussen die twee gemeenskappe te bou. Ons wou maniere vind om beide die gemeenskappe te help. Ons wou die dowegemeenskap ’n stem gee en die horende gemeenskap meer tegemoetkomend en bewus maak.”
CLaSH het die gehoor van kinders oor die land heen getoets en as ’n probleem bespeur is, is die kinders verwys. Indien ’n permanente gehoorprobleem opgemerk is, het CLaSH die kinders met die nodige gehoortoestelle voorsien.
Oor die jare het hulle meer as 2 000 gehoortoestelle aan kinders gegee.
“Ons het rekords van meer as 18 000 kinders wie se gehoor ons getoets het. Hierdie insig het daartoe gelei dat ons die HARK!- mobiele oudiologiekliniek begin het wat vir drie jaar van 2002-’04 suksesvol in die sentrale noorde bedrywig was.
“CLaSH het ook sewe ‘oorkampe’ genaamd ‘Operasie Omakutsi’ gefasiliteer waartydens ’n span oor-, neus- en keelchirurge van Duitsland meer as 300 middelooroperasies by die staatshospitale in Oshakati, Rundu en Windhoek uitgevoer het.”
CLaSH het opleiding, werkwinkels en seminare met professionele mense, ouers en die gemeenskap gehou waaraan meer as 10 000 mense deelgeneem het.
“Ons het ’n klomp inligtingmateriaal, baniere en pamflette in sewe Namibiese tale uitgegee. Ons het die eerste inleidende video vir die Namibiese gebaretaal uitgegee en die NBC aangemoedig om tolke vir gebaretaal deel van sy daaglikse uitsendings van nuusbulletins te maak.”
In 1994 is die CLaSH Pre-School and Daycare begin. Deur die jare het 158 kinders van die kombinasie van vroeë dowe opleiding en die Montessori-beginsels gebaat.
Die ECD-eenheid val nou onder die Skool vir Gehoorgestremdes in Windhoek. CLaSH het twee klaskamers gebou en daar is tans nege kinders in die eenheid. Hulle het ook ’n stoorkamer, toilette, kombuis en wasgoedkamer gebou.
“Vyf-en-twintig jaar ná die stigting van die voorskool het ons dit aan die ministerie oorhandig. Dis ons nalatenskap en dus is ons as trust steeds daarby betrokke.”
CLaSH TRUST
In 2019 het dié welsynsorganisasie besef hulle vind geen opvolger vir Beinhauer nie en dat hulle hul deure sal moet sluit.
“Ons kon nie ’n opvolger vind nie – nie in Namibië óf internasionaal nie. Niemand was bereid om te midde van finansiële onsekerheid te werk nie. Ons het net sekerheid indien die geldinsameling goed vaar en dan ook net vir ’n paar jaar. Mense wil nie só werk nie; hulle wil weet hulle kry ’n salaris ongeag wat gebeur en CLaSH kan nie en kon nog nooit ’n vaste salaris verseker nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie