Charene pronk haar vere

Francoise Steynberg

Mej. Namibië 2026, Charene Labuschagne, se nasionale kostuum by die 75ste Mej. Heelal-skoonheidskompetisie in San Juan, Puerto Rico, is geïnspireer deur die manjifieke rooiborsbyevreter wat Namibië se natuurskoon en veerkragtigheid weerspieël. Met inspirasie geput uit die duisende rooiborsbyevreters wat elke jaar na die Zambezirivier terugkeer om te broei, vang die skakerings van karmosynrooi, blougroen en swart in die kostuum hul asemrowende kleure vas. Terselfdertyd beklemtoon die kopstuk en sleep van net die bedreiging van stropers se nette waarin die voëls vir hul kleurryke vere gestroop word, asook die belangrikheid daarvan om hierdie voëls te beskerm. Die ingewikkelde kralewerk bring hulde aan die kunstenaarskap van Namibië se San-mense; die armbande is deur San-vroue in Epako met die hand gemaak, wat sodoende ons plaaslike talent en erfenis vier.

Hierdie kostuum is meer as net ’n viering van dié pragtige voël – dit vertel ’n verhaal van bewaring en kultuur. Die ontwerper van die kostuum is Silvanus Silve Nepolo van Puurfekt Studio. FOTO’S Keen | Studios

Kommentaar

Republikein 2026-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer