cees
cees

Cees Strijbis 'n voorbeeld vir almal

Ehafo sy hoogtepunt en grootste teleurstelling
Dit het sy hart gebreek om gestremdes op straat te sien bedel en nie meer blomme te verkoop of by iets anders betrokke te wees nie.
Tanja Bause
Cees Strijbis, die man wat talle Namibiërs wat met gestremdhede saamleef se lewens verbeter het, is op 28 Januarie op die ouderdom van 81 oorlede. Cees is op 21 November 1943 as Cornelis Boudewijn Strijbis in Haarlem in Holland gebore. Hy was een van 13 kinders wat op ‘n melkboerdery groot geword het.

Volgens sy vrou Lynette het hy in 1966 vir ses maande saam met 'n bejaarde man in Suid-Afrika getoer.

“Die man het aan narkolepsie gely en kon dus nie bestuur nie. Cees het bestuur en so het hy Namibië ook leer ken. In 1967 het hy na Suid-Afrika geïmmigreer,” vertel Lynette.

Cees het ondervinding in landbou in Suid-Afrika opgedoen en ook in Windhoek homself as veeartsenykundige tegnikus bekwaam. Hy het in beide Namibië en Suid-Afrika gewerk en onder andere in die Nasionale Krugerwildtuin en die buro vir die voorkoming van blindheid wat destyds ook in die voormalige Suidwes-Afrika bedrywig was.

“Hy het ook nog ‘n jaar saam met ‘n broer van hom geboer. Vriende in die Boland het gevra dat hy uithelp met hul boerdery en later het hy ook by ‘n kwekery gewerk. Toe die eienaar oorlede is, het hy gevoel die seun moet die kwekery oorneem en Cees het ander werk begin soek. In 1980 het hy op ‘n advertensie reageer en aansoek gedoen as direkteur by die vereniging vir gestremdes. Die naam van die vereniging is later na Ehafo verander.”

EHAFO

Dit was nie lank ná sy aanstelling nie, dat Cees besef het werkverskaffing is van kardinale belang om mense wat met gestremdhede saamleef werklik te help.

“Hy het die bestuur oortuig dat om 'n stuk grond te koop wat vir werkverskaffing gebruik kan word. Geld is in die buiteland gesoek en vandaar is begin om alles op te bou. Werkverskaffing het onder meer ingesluit het die kweek van blomme en komkommers, die maak van rottangitems, naaldwerk, weef, die herstel van skoolmeubels en die bind van boeke. Daar was ook ander projekte in Kavango in Shankara, in Omaruru en ook vir verswakte gestremdes in Khomasdal.”

Cees was van 1980 tot 1996 by Ehafo betrokke en hy het daarna na Suid-Afrika ververhuis waar hy ‘n klein boerdery bedryf het. Hy het egter ook steeds ander welsynorganisasies gehelp en van raad voorsien.

In 2014 keer hy weer terug na Namibië en val in as plaasbestuurder by ‘n beesboerdery in Hochfeld tot met sy 80ste verjaarsdag en hy ernstig siek begin word het.

“Ehafo was die hoogtepunt van sy lewe, maar ook die grootste teleurstelling ooit. Dit het sy hart gebreek om gestremdes op straat te sien bedel en nie meer blomme te verkoop of by iets anders betrokke te wees nie. Hy sou graag wou help om ‘n 'nuwe Ehafo' te herbou en hy het probeer, maar dit was hom nie gegun nie,” het Lynette gesê.

CEES

“Cees was ‘n inspirasie vir baie. ‘n Voorbeeld van toegewydheid en hardwerkendheid. Hy het die waardigheid van alle mense ondersteun. Sy vriendelikheid en harde stem het hom altyd vooruit geloop. ‘n Sterk en streng, beginselvaste man, diep gelowig en wat nie geskroom het om dit waarin hy glo aan die wêreld te verkondig nie.”

Hy word oorleef deur sy vrou en vyf kinders - drie seuns en twee dogters waarvan twee in Suid-Afrika en een in Namibie woon en ook ses kleinkinders. ‘n Roudiens sal later in Okahandja gehou word. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-02-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

H.E. Dr Nangolo Mbumba, President of the Republic of Namibia says they will continue to pursue the second struggle of Namibia Zambian President, Hakainde Hichilema said one road will be named after the late president in Lusaka and the other road will be named after the founding president of Namibia The late President Hage Geingob’s casket was stationed at the Eternal Flame before he was taken to his final resting place The casket will of the late president was lowered with a 21 gun salute Accoutrements will be handed over to the former first lady of Monica Geingos An official luncheon by invitation is scheduled to take place at 14:00 at the State House The foreign dignataries are currently paying their last tribute to the former first lady, Monica Geingos Heroes Acre will be closed to the public, the National Council will announce once it is reopenedSix Nations: France 13 vs 13 Italy | Scotland 30 vs 21 England | Ireland 31 vs 7 Wales Premier League: Wolverhampton Wanderers 1 vs 0 Sheffield United | Arsenal 4 vs 1 Newcastle | Bournemouth 0 vs 1 Manchester City | Brighton 1 vs 1 Everton | Crystal Palace 3 vs 0 Burnley | Aston Villa 4 vs 2 Forest | Manchester United 1 vs 2 Fulham | Chelsea 0 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Real Madrid 1 vs 0 Sevilla | Las Palmas 1 vs 1 Osasuna | Real Betis 3 vs 1 Athletic Club | Cadiz 2 vs 2 Celta Vigo | Almería 2 vs 2 Atletico Madrid | Deportivo Alaves 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 4 vs 0 Getafe | Granada 0 vs 0 Valencia | Real Sociedad 1 vs 3 Villarreal SerieA: AC Milan 1 vs 1 Atalanta | Lecce 0 vs 4 Internazionale | Cagliari 1 vs 1 Napoli | Juventus 3 vs 2 Frosinone | Genoa 2 vs 0 Udinese | Salernitana 0 vs 2 Monza | Sassuolo 2 vs 3 Empoli | Bologna 2 vs 0 Hellas Verona European Championships Qualifying: Watford 1 vs 2 Huddersfield Town | Ipswich Town 3 vs 1 Birmingham City | Sunderland 1 vs 2 Swansea City | Blackburn Rovers 1 vs 1 Norwich City | Southampton 1 vs 2 Millwall FC | Cardiff City 2 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 2 vs 1 Rotherham United | Sheffield Wednesday 2 vs 1 Bristol City | Middlesbrough 0 vs 2 Plymouth Argyle | Hull City 1 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 3 vs 1 Leicester City | Coventry City 0 vs 3 Preston North End English Championship: Watford 1 vs 2 Huddersfield Town | Ipswich Town 3 vs 1 Birmingham City | Sunderland 1 vs 2 Swansea City | Blackburn Rovers 1 vs 1 Norwich City | Southampton 1 vs 2 Millwall FC | Cardiff City 2 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 2 vs 1 Rotherham United | Sheffield Wednesday 2 vs 1 Bristol City | Middlesbrough 0 vs 2 Plymouth Argyle | Hull City 1 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 3 vs 1 Leicester City | Coventry City 0 vs 3 Preston North End Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 23° | 38° Oshakati: 25° | 37° Ruacana: 21° | 38° Tsumeb: 22° | 36° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 36° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:35, High tide: 04:40, Low Tide: 22:38, High tide: 16:51 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:33, High tide: 04:38, Low Tide: 22:36, High tide: 16:49 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:33, High tide: 04:37, Low Tide: 22:36, High tide: 16:48 Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 24° | 37° Keetmanshoop: 23° | 37° Aranos: 24° | 38° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 20° | 37° Oranjemund: 15° | 29° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 28° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 10° | 28° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 30° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 17° | 22° Dar es Salaam: 27° | 33° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 31° #REF! #REF!