Almal kan ’n Vlytige Eva wees

Tanja Bause
“My man is verlede jaar oorlede en ’n vrou het vir my gesê kom ons gaan kyk wat doen die Vlytige Evas. Ek het gegaan en daar gesit. Afrikaans is nie my eerste taal nie en ek was in ’n dwaal, maar ek het van die atmosfeer gehou en toe hulle my vertel vir wie ons gaan hekel, wou ek deel daarvan wees,” het tannie Yasmin Agnew (80), die oudste lid van die Vlytige Evas in Okahandja, gesê.

Op 19 Junie 2023 het tannie Rita Blaauw en tannie Elza Augustyn koppe bymekaargesit om ’n hekel- en ’n breigroep vir Okahandja se vroue te stig.

“Ons het toe besluit om so ’n groep te stig, maar elke persoon is vir sy eie hekel- en breipenne asook wol verantwoordelik en sal nie aan ’n kerk verbonde wees nie,” het tannie Rita gesê.

Tannie Elza het ’n advertensie in die NG Kerk se weeklikse nuusblad, die Klokslag, geplaas en op 5 Julie 2023 om 14:00 het belangstellendes vir die eerste keer bymekaargekom. Die eintlike doel was om soveel moontlik vroue te betrek om bymekaar te kom om idees uit te ruil en om diegene te leer wat nie kon hekel of brei nie.

Met hul eerste bymekaarkoms was daar agt vrouens en van hulle kon glad nie hekel nie. Op die oomblik is daar 15 vrouens wat aktief betrokke is.

“Ek kon glad nie hekel nie, maar hulle het my geleer en jy moet die mooi komberse sien wat Rita met my vervelige vierkante maak. Die vroue het almal magic in hul vingers. Hulle het my welkom laat voel en my ondersteun toe ek deur ’n moeilike tyd gegaan het en deur die items wat ons maak, ondersteun ons mense wat deur ’n moeilike tyd gaan,” het tannie Yasmin gesê.

“Die groep is vir oud en jonk, almal is welkom want ons oudste dame word nou 81 jaar en die jongste is nege jaar oud.

“Die groep besluit toe op ’n naam vir die dames, waarop Elize Venter toe op die briljante naam van Vlytige Evas kom want haar redenasie was ons is ’n klomp flukse vrouens wat omgee en dit is toe eenparig aanvaar,” het tannie Rita gesê.

Al die vrouens is tuisteskeppers wat in die Okahandja-omgewing woon.

Al die produkte wat hulle hekel of brei, word aan liefdadigheidsorganisasies geskenk.

“Almal soek iets warm en ons gee wat ons skep uit die diepte van ons harte en met al ons liefde vir diegene wat dit nodig het,” het tannie Issie Liebenberg, nog ’n Vlytige Eva, gesê.

“Ek kon nie hekel nie en dit het my amper 77 jaar gevat om dit te leer. Nou het ek al twee komberse klaar en werk aan die volgende twee.”

“Rita het die wêreld se geduld met ons. Sy help ons en wys ons oor en oor, maar as daar ’n fout is dan trek ons los en ons trek baie los, want dit moet perfek wees,” het tannie Issie bygevoeg.

“Ons kom elke Woensdag om 15:00 bymekaar, maar baie van ons is so opgewonde dat ons al 30 minute voor die tyd opdaag. Ons kan net nie wag nie. Dis ’n groep wat mekaar ondersteun, waar jy jou hart kan uitpraat en weer krag kry om aan te gaan,” het sy gesê.

Indien van die produkte verkoop word, word die opbrengs gebruik om wol te koop, want op die oomblik kom alle materiaal uit die vroue se sake.

Die Vlytige Evas het reeds 50 musse aan kinders met kanker geskenk en 119 aan die Bikers in Swakopmund onder leiding van Christian Knickel.

“Ons wil graag in die toekoms nog meer betrokke raak by liefdadigheid, maar ons sal dit nie sonder finansiële hulp kan doen nie. Almal is welkom om betrokke te raak. Vir besonderhede bel my by 081 127 3794,” het tannie Rita gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%