• Tuisblad
  • Mense
  • Aktivis Ben Freeth pak volgende bewusmakingstog te perd in Namibië aan

Aktivis Ben Freeth pak volgende bewusmakingstog te perd in Namibië aan

Henriette Lamprecht
Ben Freeth, die menseregte-aktivis en Zimbabwiese boer wat op 18 Maart verlede jaar te perd van Zimbabwe by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se tribunaal in Windhoek ná 'n reis van 2 400 km aangekom het, het gister op die vooraand van nog 'n reis te perd in Namibië dit weer besoek. In Maart verlede jaar het Freeth 'n memorandum by die tribunaal oorhandig wat vra dat die hof tot sy volle mag herstel word. Hy het op dieselfde dag meer as 'n jaar gelede ook 'n gebed op die deur van die tribunaal geplak. In November 2008 het Freeth ’n hofsaak in dié hof gewen toe ’n uitspraak gelewer is wat beslis het dat onteiende Zimbabwiese boere na hul plase kan terugkeer. Oudpresident Robert Mugabe het egter die tribunaal gestuit en sy regering het gevolglik onttrek. Die tribunaal se magte is in 2021 beperk tot dispute tussen SADC-lidlande. "Die gebed is steeds 18 maande op die SADC Tribunaal se deur. Mag regtigheid geskied!," het Freeth gesê wat vanoggend uit Okahandja op sy perd Warrior en vergesel van ander perderuiters vertrek het op sy volgende bewusmakingsrit na Kaapkruis.

Kommentaar

Republikein 2025-09-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer