Afrika-musiek vloei deur Garth se are
’n Namibiër se passie vir Afrika-musiek het gelei tot die stigting van die African Music Academy of Canada in Edmonton, Kanada, waar hy aan die stuur staan.
Garth Prinsonsky, ook bekend as Garth Prince, deel al jare lank sy passie met jong gehore in Kanadese skole. Hy is ook tans ’n dosent in musiekbestuur aan die MacEwan-universiteit in Edmonton.
Die akademie is in September verlede jaar geregistreer.
“Stap nommer een in die eerste jaar was om ’n direksie te werf en mense te vind wat in hierdie visie geglo het.
“Ek wou ’n verskeidenheid mense hê wat vir die skoolraad of selfs universiteite hier in Kanada werk en mense wat net ander soorte kunservaring het. Asook mense van Afrika-afkoms, nie net Namibiërs nie, want ons betree ’n gebied waar ons ook ander Afrikalande verteenwoordig,” sê hy.
Oor die besluit om uit te brei, sê Garth navorsing wat hy vir sy studies by MacEwan gedoen het, het die besluit aangespoor.
“Ons het gevind toe ons gekyk het na die impak wat die werk wat ek as individu gedoen het – byvoorbeeld, jy kan die aantal gehoorlede wat ons bereik meet – ons ongeveer 20 000 mense per jaar met ons program bereik het.
“Dit het reeds begin aandui dat, omdat ons so klomp mense bereik het, dit dalk ’n goeie idee is om meer mense by die besluitnemingsproses betrokke te maak.
“Aangesien die impak wat ons gehad het meer soos ’n organisasie was, het ons besluit om ’n organisatoriese struktuur te volg.
“Ek sou sê dit is beter vir aanspreeklikheid en om net meer mense aan boord te hê wat ’n besluit kan neem, is altyd goed,” sê hy.
Garth vertel die akademie het die afgelope maande vanaf verskeie skoollokale gewerk. Hulle hou egter duimvas om ’n ooreenkoms met ’n groter kunsorganisasie te sluit wat vir hulle ’n permanente lokaal kan bied.
Hy sê dit is juis sy nuwe span wat hierdie soort geleenthede moontlik maak.
“Daar is geen manier dat ek hierdie groot vennootskappe sou kon vorm nie.
“Die rede waarom die kunsorganisasies ons nou meer vertrou, is dat daar ’n bykomende vlak van aanspreeklikheid is. Ons het talle gekwalifiseerde mense, van wie sommige meer gekwalifiseerd as ek is, wat saam met my werk.
“Sommige van hulle is in rekeningkunde en in ander gebiede en hulle hou toesig oor hierdie dinge,” sê hy.
Hy sê oor sy geleentheid by MacEwan: “Ek het jare lank daardie werk gedoen, maar met Covid het ek terug universiteit toe gegaan en vir ’n diploma in kuns- en kultuurbestuur aan die universiteit gestudeer.
“Deur hierdie rigting te kies, het ek probeer dink oor watter soort regstruktuur die beste sou wees vir die visie wat ek gehad het, naamlik om dit op selfs ’n groter skaal te doen.
“Ek moes al die regsmoontlikhede en -strukture hier in Kanada ken, want ek het nie hier grootgeword nie.
“Dis een ding om te sê ek gaan ’n maatskappy of ’n projek begin, maar dis ’n ander ding om die finansiële kant en die regskant te verstaan, so ek wou gekwalifiseerd wees in daardie dinge.”
Toe hy egter in Desember verlede jaar sy finale werk vir sy diploma ingedien het, is hy ’n nuwe geleentheid aangebied.
“Toe ek my werk by die universiteit ingedien het, het hulle die werk hersien wat ek tot op daardie stadium gedoen het – natuurlik ook die Juno-toekenning. Hulle het my gekontak en gevra of ek ’n kursus oor bestuur in die musiekbedryf kan aanbied,” sê hy.
Ná die reusesukses van sy kinderalbum Falling in Africa in Kanada het dié album en meegaande prenteboek, Grazing Back Home, vir hom die Kanadese Juno-toekenning vir kinderalbum van die jaar in 2022 ingepalm.
Die Juno-toekennings word deur die Kanadese Akademie vir Opnamekuns en Wetenskappe aangebied om erkenning te gee aan uitstaande prestasies in die musiekbedryf (soortelyk aan Namibië se Nama-toekennings).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie