Aflegging lei tot vervulling van droom

Dansstudio en naaldwerkklas haar passie
Toe sy ná dertig jaar as lugwaardin van voor af moes begin, het sy die nuwe rigting ingeslaan wat haar oneindige plesier verskaf.
Tanja Bause
“Ek het nooit gedink ek sou mense kan leer hoe om naaldwerk te doen nie en hier doen ek dit dan nou. Die mense vir wie ek nou leer, het nooit gereken hulle sal met ’n naaldwerkmasjien kan werk nie en daar doen hulle dit nou.

“Mens is nooit te oud om jou drome na te jaag en aan te gryp nie,” sê Alta Hill, wat Alties die dansstudio en naaldwerkkursus begin het nadat sy een van die vele mense was wat vanweë Air Namibia se likwidasie afgelê is.

Alta is op Keetmanshoop gebore, maar het op ’n baie jong ouderdom Swakopmund toe getrek en sy sien haarself as ’n Swakopmunder.

“Ek het daar met skool begin, maar my ma wat ’n verpleegster was, is toe Windhoek toe verplaas en ek het hoërskool in Windhoek voltooi.”

Ná skool het sy vir drie jaar ’n kursus in klereontwerp in Kaapstad gedoen.

“Daai jare het ons huishoudkunde en naaldwerk as skoolvak gehad. Ek was baie goed in naaldwerk en het daarvan gehou. My juffrou het my aangeraai om dit te gaan studeer sodat ek kan terugkom en die vak by die skool kan aanbied. Dit was die plan – maar toe ek klaar gestudeer het, het die kurrikulum verander en naaldwerk is nie meer as skoolvak aangebied nie.”

Alta het vir ’n winkel begin werk wat Afrika-klere soos onderbaadjies gemaak het wat na Duitsland uitgevoer is.

“Ek wou iets anders doen. Ek wou meer kreatief wees en nie elke dag dieselfde kledingstuk maak nie. Ek het by TransNamib aansoek gedoen.”

Sy het as ’n klerk daar begin en toe haar bestuurder opmerk dat sy haar werk baie vinnig afhandel, is sy ontvangs toe verskuif.

“Ek is toe gevra of ek nie vir die destydse Namib Air wil gaan vlieg nie en dis hoe ek ’n lugwaardin geword het. Ek het vir die volgende 30 jaar as lugwaardin gewerk, totdat ek twee jaar terug afgelê is toe Air Namibia gelikwideer is.”

AIR NAMIBIA

“Dit was ’n goeie loopbaan wat my as mens laat groei het. Dit het my baie dinge geleer, soos om selfstandig te kan werk. Daar was nie altyd ’n baas wat oor jou skouer gekyk het nie en jy moes jou werk doen, jy moes selfstandig werk. Jy kon nie jou werk versuim of dit los vir môre nie.

“Ek het geleer om altyd stiptelik te wees en om dinge reg en ordentlik te doen. Dis wat ek nou ook toepas wanneer ek klere maak; as dit nie reg en ordentlik is nie, dan trek ek die steke uit en begin van voor af.”

DANS

Terwyl sy as lugwaardin gewerk het, het sy by Edmund van Neel se dansstudio aangesluit.

“Ek was 25 toe ek begin dans het en ek dans vandag nog. Ek het vir tien jaar saam met Edmund gedans en in dié tyd het ek vir Sascha ontmoet wat met belly dancing in Namibië begin het. Ek was nie bewus dat belly dancing in Namibië bestaan het nie en sy het my genooi om iets nuuts te begin en in 1993 het ons in die Ou Brouerye kompleks met dié dansstyl begin.”

Alta was eers onder die indruk dat ’n mens nie alleen kan dans nie en ’n dansmaat nodig het. Edmund het intussen na Swakopmund verhuis en Alta het die dansery gemis en by Sascha aangesluit. Daar het sy vir Minka Greeff ontmoet.

“Aan die begin was dit vir my baie moeilik, want die kop en die liggaam wou nie lekker saamwerk nie. Maar die gogga het gebyt en ek het vir tien jaar saam met Minka gedans. Sy het my opgelei sodat ek die kinders kon leer. Minka het so vier jaar gelede besluit om op te hou.”

Nadat die lugredery vir Alta afgelê het en sy iets moes kry om haarself besig te hou, het sy besluit om een van haar lewensdrome te verwesenlik en ’n dansstudio te open.

“Ek het vir drie maande daaroor besin voor ek my spaargeld gevat en my motorhuis in ’n studio omskep en begin het om vir kinders belly dancing klasse aan te bied.”

Vandag lei sy kinders in belly dancing en Latynse danse op.

KOSTUUMS

Alta het nog altyd haar eie klere gemaak – insluitend haar eie kostuums vandat sy begin dans het.

“Kostuums is ontsettend duur as jy dit moet aankoop en baie van ons het nie die geld nie. Die kostuum is nie net ’n rok wat jy aantrek nie. Dit moet duursaam wees, dit moet dubbeld gestik wees, dit moet op plekke vashou terwyl jy beweeg en dit moet nie om jou lyf rondskuif nie.

“Terselfdertyd moet dit tydens ’n ander dansstyl wel kan beweeg om by die dans te pas. Die dans en die kostuum moet mekaar ten alle tye aanvul.”

Alta hou van klere maak, maar haar passie is om kostuums te maak.

“Ek het ’n hele kamer vol kostuums, want ek kan nie een weggee nie. My hart, siel, tyd en moeite word in die maak van elke kostuum gestort. Dit neem my twee tot drie maande om een te maak omdat ek alles met die hand maak. Ek help ook ander mense om kostuums te maak.”

NAALDWERK

Alta onthou mense en vriende het altyd vir haar gesê sy moet hulle leer hoe om klere te maak.

“Die versoek is gewoonlik, my ma of ouma maak klere, maar ek weet nie hoe nie, of ek het ’n naaldwerkmasjien van my ma gekry, maar ek kan dit nie gebruik nie.”

Sy het besluit om haar studierigting hiervoor in te span. Sy het ’n drie maande naaldwerkkursus opgestel en dit begin aanbied.

“Dit was ’n reuse-sukses en die studente wou nog meer leer. So het ek toe ook die volgende kursus uitgewerk en aangebied. Tans is ek besig om mense te leer hoe om hul eie patrone te maak.”

RAAD

Alta sê ’n mens is geneig om jou eie ondergang te bewerk deur te dink jy kan nie dié of daai doen nie, of dit sal te veel geld kos, of jy is nie goed genoeg nie.

“Toe ek my werk verloor, het ek gewonder wat van my sal word, omdat ek nou nie meer ’n loopbaan het nie. Maar ek het nog gelewe en ek moes aangaan en iets kry om te doen en dis wat ek gedoen het.

“Ek het myself afgevra wat kan ek doen sonder Air Namibia. Watter vaardighede het ek en wat wil ek doen? Ek het die gedagtes neergeskryf, opgestaan en aan my drome begin werk.

“Vandag is ek nie ’n oomblik spyt nie, want nou werk ek vir myself en ek doen elke dag wat vir my oneindige plesier gee.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 363.38/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.29% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.35/BBP DOWN -0.0155 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 363.38/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.29% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.35/BBP DOWN -0.0155 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%