‘Uncle Savva’ Saterdag ter ruste gelê
Die eerste gedenkdiens van die Walvisbaaise sakeman en filantroop John Savva, wat verlede Saterdag in die ouderdom van 87 oorlede is, het Dinsdagaand by die Atlantic Hotel in Walvisbaai plaasgevind.
Onder die hoëlui wat teenwoordig was, is voormalige president Nangolo Mbumba, voormalige adjunkminister van arbeidsverhoudinge en werkskepping, Hafeni Ndemula, en die goewerneur van Erongo, Nathalia /Goagoses.
Daaglikse gedenkdienste by die Atlantic Hotel vind tot vanaand plaas en môre sal die formele gedenkdiens by die Jan Wilken-stadion gehou sal word. Na verwagting sal president Netumbo Nandi-Ndaitwah die diens bywoon.
Vanaand se diens is vir Swapo gereserveer met huldeblyke deur die Erongostreek se partykoördineerder Daniel Muhuura, sowel as verteenwoordigers van die Swapo-jeugliga, vroueraad en raad van oues. Parlementslid en voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, Derek Klazen, sal ook 'n huldeblykboodskap lewer.
Die formele gedenkdiens by die Jan Wilken-stadion sal môre om 14:00 begin. Huldeblyke sal deur onder meer die Namibiese Korrektiewe Dienste se kommissaris-generaal Raphael Hamunyela, gelewer word, asook deur die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, Swapo se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa, voormalige presidente Nangolo Mbumba en Hifikepunye Pohamba, sowel as president Netumbo Nandi-Ndaitwah.
Die begrafnisdiens vind Saterdag om 10:30 by die NG Kerk in Walvisbaai plaas.
Savva word onthou as 'n sakeman, diplomaat, politikus, filantroop, man, pa, oupa en mentor.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie