Woord van die week
ushabti (u-shab-ti) s.nw., ushabti’s of onveranderd ushabti. Selde ook ushapti. Enigeen van gew. ’n groot aantal figuurtjies, tipies van hout, klip of terracotta, met inskripsies versier en 10 – 25 cm hoog, wat in antieke Egipte saam met ’n mummie i.d. graftombe geplaas is, en wat die diensknegte voorgestel het wat i.d. hiernamaals die afgestorwene sou bedien, veral as landarbeiders: ’n Ushabti is saam met mense begrawe sodat hulle in die hiernamaals vir die mense kan werk (Republikein, 26 Apr. 2017, E). Ushabti’s, klein figure van werkers – slawe en ander personeel – sou in die hiernamaals lewend word en weer die gestorwene dien soos in die lewe (LitNet, 18 Mei 2010, E).
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie