Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Wonders van ’n rype ouderdom

Mandy Rittmann
ǀAWEBAHE JOHANNES ǁHOESEB SKRYF:

Ek het nou ’n nuwe fase in my lewe bereik, waarin ek nuwe gebruike aanleer, asook terselfdertyd sukkel om aan gewoond te raak.

Een van die eienaardigste is die aanspreekvorme wat die jonger geslag gebruik as hulle my aanspreek.

Dis nou of “Ou Grote”, “Ou Grysaard”, “Ou Oom”, “Toppie”, of “Ou Toppie”.

My kophare en baard is grys, en op 60 loop ek glad nie meer so flink soos ek gestap het toe ek nog jonger as nou was nie.

Ek moet egter bely en beken, dat hierdie aanspreekvorme in my gees sommer dekades op my toereteller byvoeg!

Wat vir my die aangenaamste verrassing onder vele is, is die voorkeur wat ek as pensioenaris geniet orals waar ek beweeg.

Ek hoef nie meer in lang rye tou te staan in ’n bank, poskantoor of selfs in sommige besighede nie.

As iemand vir my aandui dat ek voorkeur verleen word, dan beweeg ek ekstra stadig – teen ’n slakkepas – sodat die omstanders nie kan twyfel dat hulle met ’n oue van dae te doene het nie!

Soms buit ek maar ook die situasie op hande uit, en ek swyg vir ’n wyle eerdat ek my mening huldig.

Ek beantwoord vrae ook tydsaam met die grootste omsigtigheid denkbaar.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-12-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 22° | 36° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 23° | 33° Gobabis: 24° | 34° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 21° | 36° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 15° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 24° | 41° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 19° | 38° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 23° | 36° Maputo: 24° | 41° Windhoek: 23° | 33° Cape Town: 16° | 21° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 23° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 23° | 38° Harare: 21° | 36° #REF! #REF!