Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Winter. . . o’ mens. . .

Mandy Rittmann
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:

Heeldag die werf vol geswerf

Soos ’n dassie opsoek na son

Om elke hoek het winter gekerf

Staanmaak, sitmaak koue bron

Sawens as die son verdwyn

Daar agter die misbank grou

En nêrens die maan verskyn

Weet dat winter het jou

Regtig ja, sowaar kou wind voorwaar

Stook sop gekrui baie en warm

Deur my ruit sal ek na koue staar

Bekers oorlopens vol voorwaar

Binne sal ek maar bly

Voor die kole stoof uitleef

Hitte gloed binne bevry

Winter o’ mens my nag oorleef

Die dag lê wit met hael en sneeu

Net ’n traan teen die ruit

Warm son kom en bly nie ’n eeu

Brousel warm soet met beskuit

Uit al vier hoeke van die aardbol

Sneeu oppi berge en reent inni valleie

Winde kaal, koud en skraal

Winter o’ mens my gedagtes maal.

Kommentaar

Republikein 2025-09-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer