WhatsApps vir 24 Januarie 2023
Moet ons dit maar as vanselfsprekend aanvaar, dat ons staatshospitale nooit aan “menswaardige standaarde” gaan voldoen nie? Wat nog te sê van genoegsame fasiliteite en opgeleide personeel? Waarom word babatjies in kotte gelos en aan hulle eie lot oorgelaat met ’n vuil bottel in die kot, terwyl hulle nog te klein is om self te drink en terwyl die verpleegpersoneel in die gang met mekaar grappe maak en gesels? Waarom moet moeders hulle eie kinders verpleeg? Waarom moet daar altyd hierdie onmenslike vernedering en verwaarlosing wees teenoor mense wat nie ’n mediese fonds kan bekostig en op die staat vir mediese hulp afhanklik is? Het Namibië nog ’n minister van gesondheid of is hy saam met die minister van onderwys op permanente vakansieverlof?
Wil graag van MTC Rehoboth ’n antwoord hê. My gesin het hul simkaarte daar registreer, maar hul kon nie foto’s neem nie. Toe die mobiele span in Rehoboth kom, moes ons hoor ons moet weer registreer. Toe moes ons weer ure in rye in die son staan. Swak kliëntediens.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie