Praat Saam WhatsApp (002)
Praat Saam WhatsApp (002)

Whatsapp vir 9 Augustus 2023

Mandy Rittmann
Wat gaan by NSFAF aan? Lening is maande terug goedgekeur, maar studente wag nou nog vir die uitbetalings om deur te kom? Hulle word net weg gehelp! Moet ons dan wag tot einde van die jaar of dalk volgende jaar? Doen julle werk waarvoor julle betaal word, asseblief!

Iets baie snaaks het gebeur. ’n Huis in ’n cul-de-sac word besteel, letterlik afgebreek. Venters, deure, kaste, toilette, baddens en nog meer word uitgebreek en weggery. Dit het nou ook al in die dag gebeur. Die bure woonagtig in die cul-de-sac, het die polisie verskeie kere gebel en die misdaad gerapporteer. Nie net dat dit soms ure neem voor die polisie opdaag nie, is die “skokkende” antwoord van die polisie. “Sorry, ons kan niks doen nie, die eienaar moet eers ’n verklaring gaan maak en ’n amptelike saak registreer voor ons teen die diewe en inbrekers kan optree.” Die huiseienaar bly oorsee, nou vra ek aan die polisie die volgende vraag: “As jy as polisieman iemand sien wat steel, of net vermoed dat hy steel, is dit nie jou plig om hom te arresteer, aan te hou vir 12-24 uur om die saak te ondersoek nie.” Met ander woorde, kan ek maar ’n koedoe of bees langs die pad steel, al sien mense my, maar die boer het nie ’n amptelike saak gemaak nie, is ek oukei. Waar lê die fout, of is die opmerkings van Jan Publiek waar dat ons polisiemag en regstelsel besig is om ten gronde te gaan. Ek vra maar net. – Fana Kruger

Aan die SMS-skrywer wat praat van “die nasionaliste malkoppe in Oekraïne”, u bedoel sekerlik die nasionalistiese malkoppe in Rusland? Want volgens alle nuusberigte was dit Rusland wat Oekraïne binnegeval het? Omdat Poetin, soos Hitler van ouds, beweer die Russe in Oekraïne soek inlywing by Rusland.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer