Praat Saam WhatsApp (002)
Praat Saam WhatsApp (002)

Whatsapp vir 7 Augustus 2023

Mandy Rittmann
Vergun my ’n klein spasie in u wydgelese koerant om net my dankbaarheid uit te spreek teenoor twee baie bedagsame jongmanne, Arno Smit en Andrew Jordaan, vir bystand verleen aan my en my eggenote op Dinsdag 1 Augustus, toe ons voertuig in die omgewing van die Grove-inkoopsentrum onklaar geraak het. Julle hulp wat julle self aangebied het en omgee is ’n riem onder die hart en het opnuut die warmte en hulpvaardigheid van ons Namibiërs herbevestig! ’n Dankbare hart, Rehoboth.

Minister Dausab, u is pragtig soos u is. Bewys aan ons Namibiërs u is die patriotiese kind van die Namibiese nasie deur u meesterskantore se diens aan landsburgers te verbeter wat boedels, ensovoorts aanbetref. Kontantboedels neem jare, astronomiese bedrae word betaal, nie aan families of begunstigdes nie, maar aan die middelmanne in die stelsel. Kuratorskappe se rekeninge vat jare om in te dien, sonder geldige redes, na dood. U meesterskantore het nie genoeg personeel vir die groot werkslading nie, en streng genoeg kontroles of boetes is nie in plek teen die sogenaamde aangesteldes deur die ministerie van justisie nie. Die Ombudsman sal werklik moet intree vir die publiek. Kan die publiek op u staatmaak, want u is verbind tot die land se welstand. Dankie minister.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer