Whatsapp vir 25 Februarie 2026
Dié foto is op 22 Februarie 2026 op Mount Canyon Guest Farm, ongeveer 100 km buite Keetmanshoop op die Nautedam-pad, deur Abraham Baard geneem. In die meer as 20 jaar wat ons hier woon, het ons nog nooit die rivier só sien loop nie. Na sowat 40 mm reën in die omgewing en meer as 80 mm in die berge, het die water met ongelooflike krag deur die landskap gevloei – dit het selfs gelyk soos watervalle wat teen die berge afstroom. Vir ons in die droë suide van Namibië was dit ’n asemrowende en nederige belewenis en ’n ware wonderwerk wat ons graag met ander wil deel. Want kyk net hoe groot is ons GOD! – Anna-Mart Baard
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie