WhatsApp vir 24 Junie 2026
Jan en San Alleman kom weer tweede met NamRA wat die pap op die grond laat val het, met die migrasie van data na ’n nuwe stelsel. Nou beweer NamRA iemand het nie betaal nie en iemand moet bewys, hy het. Die gemenereg sê tog wie beweer moet bewys. “Gelukkig” is dit net ’n klein persentasie Namibiërs wat kreun onder die drakoniese toepassing van belastingwetgewing. – Clem Marais, Windhoek
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie