Whatsapp vir 14 Julie 2026
Ek wil weet of julle bewus is daarvan dat baie pensioenarisse nie hul geld gekry het nie. Verlede maand het ons nie gekry nie en hierdie maand het ’n man by die ouetehuis net N$1 700 gekry terwyl sy vrou N$2 000 gekry het. Die kantoor in die Mall in Okahandja is gesluit en gister was ek by die ander kantoor langs NaTIS. Die man wat daar was het gesê dat hulle nou daar gaan sit, maar hulle kan niks doen nie, want al hulle dokumente en rekenaars is in die Mall-kantoor toegesluit. Ek dink hulle huur is nie betaal nie en daarom is hulle kantoor gesluit.
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie