WhatsApp vir 13 Mei 2025
Is daar iemand buite wat tog iets kan doen aan die roekelose bestuur tussen Windhoek, Groot Aub en Rehoboth voor daar menselewens onnodig verloor word? Mense ry teen ’n baie hoë spoed, steek verby op enige plek, opdraande, draaie, wanneer die toestande nie eens gunstig is om mooi te kan sien nie. Namiddae ná uitvaltyd en vroegoggende is die ergste. By Groot Aub se aansluiting moet jy feitlik “vlug” voor Rehoboth-voertuie, as jy indraai om ook veilig by die huis aan te kom. Ons het skoolkindertjies op pad skool toe en terug. Dis baie onveilig. Waar is die verkeerspolisie? Maak u self sigbaar elke dag asseblief, of sit werkende kameras op. Dankie!
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie