No Image Caption

WhatsApp 3 November 2025

Mandy Rittmann
Kan ons asseblief praat oor hoe ons geliefdes in die staatshospitale doodgaan? Staatsdokters en verpleegsters is besig om ons mense dood te maak en niemand stop hulle nie. Weet hulle dat ons belasting betaal, hulle versorg nie ons geliefdes verniet nie. Hulle word betaal van ons belastingbydraes. Katutura-hospitaal en Sentrale Hospitaal is nie hospitale nie, dis lykshuise. Jy vat jou geliefde soontoe net om die volgende dag te hoor die persoon is dood of in ICU. Hoekom gee private hospitale beter sorg? Hoe kan ’n lewe meer werd in ’n private hospitaal wees? Dokters en verpleegsters van die staat, wat het van julle oath geword? Hoekom is julle daar as julle nie omgee?



Graag vra ons as onderwysers aan Balisius Haingura: Waar gaan die onderwysers tyd kry vir sy deurlopende professionele ontwikkeling- en opknappingsopleidingsprogram? Die kurrikulum is klaar propvol geprop, voorbereidingswerk, merkwerk, kinders wat glo elkeen se opinie is belangrik en al 34 opinies moet gehoor word, onderwysers wat kinders moet opvoed in die klas in plaas van ouers. Oorsese onderwysstelsels wat nie pas by ons kinders of kultuur nie, onderwysers gaan eenvoudig hul tyd gebruik om hulle te kwalifiseer en die kinders gaan agterweë gelaat word. Luister en leer by die onderwysers van die land. Hul oplossings is baie beter en meer betroubaar as Unicef-konsultante!



Nowadays David Hosea Meroro Street (this side of Game), Edison Street, Voits Street, both in the Southern Industry Area, including Ndemufayo Avenue, all of them are racing tracks. So-so dangerous for everyone. We pedestrians need to literally run over the streets, posing even a greater danger of falling in front of oncoming traffic. Don’t even talk about big trucks, 1 ton trucks and delivery vehicles. This is a daily occurrence. Where is the Traffic Law Enforcement?



* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-11-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer