WhatsApp 27 Januarie 2026
In 2022 was daar ’n artikel in die koerant waar die ministerie skole daarteen gewaarsku het om meisies te dwing om hul hare af te sny. Soos gewoonlik ignoreer die skole van Opuwo hierdie reël. Die ouers is bitter ongelukkig en sit met sielsongelukkige meisies wat in trane skool toe gaan. Kom kyk hoe lyk ons skole. Dit lyk soos ’n klomp seuntjies. Daar is meisies wat weier om skoolrokkies aan te trek, want hulle lyk dan soos seuntjies. Ek is bereid om hierdie misbruik van mag tot by die ministry of education in Windhoek te gaan baklei.
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie