whatsapp2018-03-120
whatsapp2018-03-120

WhatsApp 23 Augustus 2022

Dani Booysen
Lugvaart in Namibië. Solank daar inmenging van die staat en politiek betrokke is, sal daar wanbestuur en nepotisme gebeur. GRN mag fasiliteerder wees, maar mag geen sê hê nie, moet m.a.w. 'n stille vennoot wees, wat 'n winsdeel ontvang. Klaar.

Ek lees vandag in Republikein Rina Horn het afgetree. En ek dink toe ek grootgeword het, was die 'n baie bekende naam in die gemeenskap. Ek is vandag 42. En ek onthou hoe vrouens wat deur domestic violence en absent fathers affekteer was hulle na me. Horn gewend het. Jy sou vrouens hoor sê "los hom, net môre gaan ek Rina Horn toe". As kind was dit die eerste naam wat ek as kampvegter vir die regte van kinders en vrouens gehoor het. Ek wil net sê me. Horn, jy is 'n legende. En die stories wat ek van u gehoor het, het my met bewondering gelos. Jy was nie 'n leeu sonder tande nie. Jy was 'n vuurvreter, en ek hoop u sal aanhou om die hoop vir geregtigheid te wees vir diegene wat almal vertrap. Jou naam het hoop vir baie gesinne beteken.

Die onderdorp in Mariental klink deesdae soos 'n industriële gebied. Heeldag en aldag is dit grinders teen ysters en hamers wat teen metaal geslaan word. Kan die mense nie stalletjies in die dorp huur en dan daar na hartelus heeldag gaan rumoer nie?

Gaan die gastehuis waar die toeriste oordag besteel is verantwoordelikheid aanvaar?

Hospitale se onderhoud (maintenance)! Wat is dit? Bly 'n reuseprobleem by alle staatsinstansies, en ook state owned enterprises. Wat kan so moeilik wees om eiendom op te pas en beheermaatreëls in te stel. So hartseer ...

How is it fair that the requirements for the NDF clearly stated 18-25 meaning 1997 to 2004, but now as we see there one that is 1979 as well as 1996 are also there. Now what about the young people that are 1997, 1998, 1999 that apparently did not qualify for what so ever reason but those ones did. Then you say the youth are lazy, the youth is these and that. No, it's the system that's killing the youth spirit in our country.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer