Whatsapp 16 September 2025
“Jy kan nie net ’n diens aan iemand lewer en dan onttrek nie, want jy laat daardie verbruiker sonder verbinding.” So sê Cran se uitvoerende hoof vir regsdienste, Josephine Shigwedha. Netso kan Cran ook nie verbruikers in die steek laat wat selfone, ensovoorts van die internet bestel nie. As dit arriveer by Telecom/Nampost se afleweringsdiens en die fone verskyn nie op Cran se lys van goedgekeurde fone nie, verloor jy jou geld en moet jy betaal om dit terug na die land van oorsprong te stuur. Verstaan ek nou nie reg, die lewering van ’n diens en dan onttrek jy nie? Kan Cran dan nie liefs op sy webtuiste openbaar maak watter model selfone word nie in die land toegelaat nie?
Verbruikers slaan ag asseblief op dienste in Namibië.
Ek wil net graag meer duidelikheid hê oor die volgende. Familie en toeriste kom Namibië binne by die Ariamsvlei-grenspos. My familie se motor en karavaan word deursoek. Die beampte wil hamburgers afvat wat hul gekoop het. Die bestuurder het dit toe net daar opgeëet. Padkos word afgevat. Kaas wat gevacuum is word afgevat, asook room, alles word deur die beampte in ’n swartsak gegooi. Voertuig nommer 2 se pakkie braaiwors word afgevat en ook in die swartsak gegooi. Voertuig nommer 3 word ook deursoek wat melk en eiers gehad het, maar dit is nie afgevat nie? Hoe dan nou? My vraag is, wat word van die goedere wat afgevat is? Beland dit in ’n asdrom, of wat word daarmee gemaak?
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie