Wet op grondhervorming
PLAASBOER SKRYF:
Wat is die waarheid? Na aanleiding van die huidige bespreking van die nuwe wet op grondhervorming in die parlement en die onlangse berigte in die media en ook Republikein van 14 Oktober is dit dalk nodig dat daar na ’n paar van die regte feite gekyk word.
Daar word verwys na grondeienaars wat nie ter goeder trou hul plase aan die staat aanbied nie en dit dan onttrek voordat die staat 'n prys aanbied. Ek wonder hoeveel van die publiek is bewus van die uiterste onregverdigheid van hoe die wet toegepas word? Weet die algemene publiek dat die "gewillige verkoper" geen aanduiding het van die prys wat die staat vir sy plaas gaan aanbied voordat hierdie "gewillige koper" vir hom 'n aanbod maak nie? Weet die algemene publiek dat 'n boer nie meer sy plaas se aanbod kan terugtrek as hy nie tevrede is met die prys nie? Hy word dan verplig om hom na die grondtribunaal of later na die howe te wend as hy nie tot ooreenkoms met die staat kan kom oor die prys wat aangebied word nie. Om sodanige uitspraak by die grondtribunaal te kry, kan jare neem en is vir baie grondeienaars nie 'n opsie nie aangesien hy spesifiek sy plaas wil verkoop om meestal uitstaande skulde te delg. Om van sodanige plaaseienaar te verwag om net blindelings te vertrou dat die staat 'n markverwante prys sal aanbied, is nogal baie gevra. Onder die huidige omstandighede is dit 'n wonderwerk dat daar enigsins plase aan die staat aangebied en verkoop word. Die gewillige verkoper, gewillige koper is dus nie die probleem nie, maar die onregverdige toepassing van die wet. Daar was baie meer plase deur die staat aangekoop voor 2014 toe die eienaars nog kon terugtrek as 'n prysooreenkoms nie bereik kon word nie en in byna alle gevalle kon 'n ooreenkoms wel bereik word. Die berigte dat plaaseienaars die pryse kwansuis sou "opblaas" as dit aan die staat aangebied word, is ook onwaar. Die eienaar sou sy plaas vir enige prys kon aanbied, maar uiteindelik word die waarde deur die staat self bepaal voordat die prysaanbod gemaak word.
Terwyl ons nou weet dat daar meer as 50 plase aan die mark onttrek is, kan mnr. Kaaronda van Swanu dalk ook aan die ministerie die vraag rig van hoeveel geld jaarliks deur die staat beskikbaar gestel word om plase aan te koop en verder hoeveel plase die afgelope twee jaar aan die staat aangebied is en op hoeveel daarvan kwytskeldingsertifikate uitgereik is? Dit gebeur elke jaar dat die oorweldigende meerderheid plase vrygestel word omdat daar nie genoeg fondse beskikbaar is om die plase aan te koop nie. Die feit dat daar nie genoeg fondse beskikbaar gestel word nie kan sekerlik nie ook voor die deur van die gewillige verkoper, gewillige koper gelê word nie.
Volgens my mening gaan onteiening teen billike vergoeding dus ook nie werk as daar nie genoeg fondse beskikbaar gestel word nie. Hoekom sal die staat plase wil onteien en deur hofsake worstel as jy dieselfde geld kan aanwend om die plase aan te koop wat op 'n skinkbord aangebied word.
Daar kan net 'n paar praktiese skuiwe deur nugter denke uitgewerk word om van grondhervorming 'n reusesukses te maak sonder om van onteiening gebruik te maak wat ons pragtige land net duur te staan sal kom.
Dalk sal iemand eendag agter die waarheid kom.
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie