No Image Caption

Watervermorsing op Elisenheim

Mandy Rittmann
AS ALEXANDER SKRYF:

Ek bly al sedert 2015 op Elisenheim. Vreedsaam en gelukkig. Elisenheim is ‘n paradys as jy rustig en veilig naby die veld en die berge wil wees.

Elisenheim is nie net ‘n paradys vir mense nie, maar ook vir honde. Binne minute kan mens in die veld wees en die diertjies kan na hartelus huppel en bokspring.

Onlangs het ek begin om ‘n ander roete te stap. Ek kom toe af op ‘n lieflike stroompie helderskoon water. Die honde is natuurlik in die wolke. Hulle swem en plas tydens ons wandelinge.

Ná ‘n maand kry ek egter hond se gedagtes. . . hierdie water kan nie meer as gevolg van die heerlike reëns wees nie. Ek probeer die oorsprong van die stroompie vind, maar die bosse is so ruig dat dit onmoontlik nie.

Toe gaan ek na die kantoor wat al Elisenheim se sake hanteer en meld die situasie by die kantooradministrateur aan. Sy sug moedeloos en lig my in dat hulle al die afgelope drie jaar gereeld die probleem onder City of Windhoek se aandag bring. Daar is ‘n lekplek aan die reservoir wat Elisenheim van water voorsien – net die munisipaliteit kan dit regmaak.

Enige sukses? Nee, my honde swem steeds in helder waterstrome. Ek gaan nie eens probeer om vrae te vra oor die gereelde versoeke wat daar van ons stadsraad en hoogstaande beamptes af kom, om tog asseblief spaarsamig met ons land se water te werk nie. Ek sê maar net.



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer