No Image Caption

Vra vergifnis, vergoeding

Mandy Rittmann
SPOEDHOBBEL SKRYF

Verwys: Republikein 20 November 2023 – Considered To Be Different

Ek is moeg om te hoor dat die van ons wat vandag leef in ’n tyd ver verwyderd van toe dinge anders was, vergifnis moet vra vir wat ander gedoen het.

Ek was nie deel van die wat die “misdade” begaan het nie, daarom is ek nie verplig om vergifnis te vra nie, want ek het toe nog nie eens bestaan nie.

Ek kan wel toegee dat ek bewus is van wat gebeur het, maar om vergifnis namens ’n ander se dade te vra, bly net woorde.

Ek kan net verantwoordelik gehou word vir wat ek in my leeftyd aan andere doen, en ek kan net direk daardie persoon/persone se vergifnis vra.

Net sekere gebeure word gedurig uitgelig, ander wat nie minder verkeerd is nie, word nie ’n woord van gesê nie.

Eeue terug was dit meer primitief, ’n harde lewe met harder mense wat ongenaakbaar was, met min empatie of simpatie.

Hoe kan daar verwag word dat ek verskoning moet vra wat X jare/eeue gelede gedoen het?

In X se tyd was dit hoe dinge eenvoudig gewerk het, sonder terugpraat is opdragte uitgevoer van die wat in gesag was.

X kon nie weier nie, want in oorlog word menslikheid by die venster uitgegooi – ’n medemens word net ’n teiken.

X is as ’n verraaier voor ’n vuurpeleton tereggestel as X gevoel het dis onmenslik of verkeerd, dit is vandag nog die geval.

En sou ’n ander nie enige spyt voel oor wat hy doen nie, hoekom moet ek namens hom verskoning maak? Dit het mos geen doel nie.

Dinge in die geskiedenis het in ’n heel ander tyd, toe mense se uitkyk en sieninge in die lewe anders was, gebeur en dit is eenvoudig hoe die lewe gewerk het.

Wie moet namens Nero vergifnis vra, omdat hy die Christene eenvoudig net vir hulle geloof op die wreedste wyses laat doodmaak het al die eeue gelede, omdat hy hulle as ’n bedreiging gesien het?

Kyk die nuus!

Vandag nog word in baie lande “misdade/wreedhede” teen die ander mense van dieselfe land gepleeg, omdat elkeen sy eie siening as die regte siening beskou.

In soveel lande is daar vandag nog konflik waar altyd die gewone burger, ouer mense, vrouens en kinders nie ontsien word nie.

Ons hoef maar net elke dag nuus te kyk om geskok te wees oor hoe daar vandag nog in hierdie “verligte tyd” geweld, dominansie, onmin en gierigheid steeds deel van mense se lewens is en hoe ander daaronder ly – eintlik het die mens se gedrag nie verander nie.

Een gedeelte van die bevolking ontsien nie ’n ander deel van die land se bevolking nie, eenvoudig omdat elke kant oortuig is hulle is reg en die ander is verkeerd en as jy nie met hulle is nie, is jy teen hulle en staan in hulle pad om in beheer te wees en jy word “verwyder”. Los nou asseblief die verlede waar dit hoort, want die wat direk daardeur geraak is, is nie meer met ons nie.

Deur wat in die verlede gebeur het, het ons nou ’n ander lewe met meer geleenthede.

Dit was aan ander gedoen is, kan nie deur woorde ongedaan gemaak word nie. ’n Mens kan nie aanhoudend die verlede bly ophaal, terwyl jy nie self in daardie verlede betrokke was nie, en aanhoudend ophaal oor hoe dit jou vandag nog beïnvloed nie, want dan klou jy aan iets wat verby is in plaas daarvan om die lewe NOU ’n beter plek te maak.

Die les van geskiedenis is om herhaling te voorkom want dit verwoes en vernietig.

Wat ons sien van die begin van tyd, is die beheptheid met mag wat gepaard gaan met wreedheid, geweld en verwoesting, selfsug, ydelheid, gierigheid, nydigheid, met altyd die gewone burgers, ouer mense, vrouens en kinders wat dit ontgeld.

Moenie vergeet nie, mense word in verskillende kulture op verskillende maniere met verskillende sienings gebore en grootgemaak en het ’n geweldige vashou op jou, daarby word enige ander gedagtes nie geduld nie, en dit speel ’n groot rol.

Kyk jy na die wêreld uit jou eie oë en maak dan jou eie ingeligte besluit of kyk jy na die wêreld uit die oë van ’n ander en volg hulle slaafs na? Dink jy vir jouself of dink ander vir jou?

Jy lewe NOU.

Jy kan NOU die beste mens wees wat jy kan wees teenoor jouself en jou medemens. Spreekwoord: “Doen aan andere wat jy wil hê andere moet aan jou doen”

Jy kan NOU die mens wees wat vir die wat na jou ’n veiliger toekoms te skep.

As jy dan om vergifnis moet vra vir iets wat jy gedoen het, doen dit NOU.

Naskrif: Volgens die skrywer, lees dit asof dit geïnterpreteer kan word, dat dit die Britte is wat die atoombom op Hiroshima laat val het – want hy skryf “as well as the dropping of the atomic bomb on Hiroshima, must surely. . .”

Sy sin moes eintlik gelees het “as well as the dropping of the atomic bomb by the Americans on Hiroshima” ., maar hy maak geen melding wat daartoe aanleiding gegee het nie.

Hy skryf ook, “We will fry them, these Germans” – maar hy noem nie wat die Duitsers gedoen het wat tot hierdie woorde gelei het nie.

Elke geldstuk het twee kante. Vertel albei kante. Dade het gevolge.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.4 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 366.19/OZ UP +0.44% | Copper US$ 4.96/lb UP +1.67% | Zinc US$ 3 029.00/T UP 1.26% | Brent Crude Oil US$ 82.58/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 1 044.48/OZ UP +0.07% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.4 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 366.19/OZ UP +0.44% | Copper US$ 4.96/lb UP +1.67% | Zinc US$ 3 029.00/T UP 1.26% | Brent Crude Oil US$ 82.58/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 1 044.48/OZ UP +0.07%